Foto ter illustrasie/argief
Foto ter illustrasie/argief

ECN finaliseer betalings

Tuyeimo Haidula
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) sê dit is besig om betalings te finaliseer vir kiesbeamptes en die eienaars van voertuie wat tydens verlede jaar se verkiesings gebruik is.

Weens die gebrek aan voertuie het die ECN privaat voertuie gehuur vir die 2024 Presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings. Die eienaars moes ’n tarief wat vooraf gereël is en wat begin by N$1 350 per dag ontvang vir die dae wat dit gebruik is.

Aaanvanklik sou dit 30 dae ná afloop van die verkiesings duur vir die betalings om gedoen te word. Die eienaars van die betrokke voertuie sê egter hulle wag steeds op hul betaling. Die ECN se woordvoerder Mulauli Siluka het gister bevestig dat dit betalings nog nie gedoen is nie. Hy was egter vinnig met 'n verskoning aan die geraakte voertuigeienaars vir die ongerief wat deur die vertraging in die uitbetalings veroorsaak word.

"Ons vra om verskoning vir die vertraging in die betaling, maar die berekeninge is klaar gedoen en betalings sal volgende week uitgestuur word sou ons nie verdere vertragings ervaar nie," het hy beklemtoon. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!