ECN het groot planne, benodig N$885 miljoen
Finansiering van strategiese konsepplan
Die Verkiesingskommissie van Namibië maak gereed vir die opstel van 'n nuwe stemregister en nasionale verkiesings in 2024 en 2025.
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het sowat N$885 miljoen nodig om sy strategiese konsepplan oor vyf jaar te finansier.
Dié plan was Vrydag onder die loep by ’n belanghebbersberaad wat die kommissie by sy hoofkantoor in die hoofstad aangebied het.
Politieke partye en ander betrokke organisasies is geraadpleeg om insette te lewer oor hoe die ECN kan verbeter om in 2024 ’n nuwe nasionale stemregister op te stel, verkiesings vir presidensiële en die nasionale vergadering te hou, en die plaaslike owerheid- en streekverkiesing in 2025 wat landswyd gehou sal word.
Die twee groot nasionale verkiesings en drie tussenverkiesings wat in die betrokke tydperk moet plaasvind, sal sowat N$328 miljoen kos, volgens die ECN se verwagtinge.
Die ECN verwag dat die opstel van ’n nuwe stemregister hulle minder as N$65 miljoen uit die sak sal jaag.
Die verkiesingswet vereis dat ’n nuwe stemregister elke tien jaar opgestel word, het hoofkiesbeampte, mnr. Theo Mujoro, by die geleentheid gesê.
Verder oormerk die ECN ongeveer N$136,4 miljoen vir opleiding en om kiesersveldtogte te hou.
Statistiek dui dat minder en minder geregistreerde Namibiërs stem. Vanaf die merkwaardige geregisteerde kiesersgetalle in 1989 van 97,3% in verkiesings vir presidensiële en die nasionale vergadering, het deelname in 2019 tot onderskeidelik 60,8% en 60,4% getuimel.
Kiesersgetalle om plaaslike owerhede te verkies, het vanaf 82,3% in 1992 tot sowat 43,2% in 2020 gedaal, terwyl streekraadsverkiesings verlede jaar slegs 38,3% van geregistreerde kiesers se deelname kon lok, teenoor 81,1% in 1992.
Die ECN beplan ook om oor die betrokke vyf jaar N$1,8 miljoen vir kiesersopleiding te gebruik; N$1,4 miljoen om beter beplanning, monitering en evaluering te bevorder; ongeveer N$42 miljoen om sy organisasiestruktuur volledig te implementeer; N$61,5 miljoen om werknemers op te lei; en N$165 miljoen om streekkantore te bou. ’n Bykomende N$24,1 miljoen word toegeken vir die bevordering van die ECN se beeld en vertroue wat die publiek in die kommissie het.
Die ECN sal na verwagting N$14,7 miljoen oor die betrokke vyf jaar aan rekenaartegnologie spandeer, asook N$10,5 miljoen om die sekuriteit van ECN-data op te skerp. Altesaam N$11,7 miljoen word vir navorsing geoormerk.
By die geleentheid het die voorsitter van die ECN, me. Elsie Nghikembua, gesê die belanghebbendes wat teenwoordig was, neem besluite wat die demokratiese proses beïnvloed, “daarom is ons verplig om julle inligting te gee wat julle in staat sal stel om ons met toekomstige beplanning te help.”
Sy sê: “Dis moeilik om algehele eenparigheid oor alle kwessies te kry, maar ons kan moeite doen om te verseker dat sleutelkwessies en belangrike voorstelle gedokumenteer en oorweeg word.”
“Ek wil beklemtoon dat deursigtigheid die beginsel van enige liggaam is wat verkiesings bestuur en geloofwaardigheid nastreef,” het sy gesê.
Die media is gevra om die perseel te verlaat net nadat Mujoro ’n oorsig van die plan gedeel het, en voor gesprekke met politieke partye begin het. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie