Zenia Klazen is vanaf 1 Januarie die nuwe direkteur van operasie by die  Verkiesingskommissie van Namibië (ECN).
Foto ECN
Zenia Klazen is vanaf 1 Januarie die nuwe direkteur van operasie by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN). Foto ECN

ECN maak gereed vir verkiesingsjaar

Nuwe kommissarisse Donderdag beoordeel
Datums vir die komende verkiesings is nog nie in die Staatskoerant gepubliseer nie, sê die ECN se woordvoerder.
Augetto Graig
Vanjaar is die jaar waarin Namibië ’n nuwe president moet verkies.

Die jaar waarin president Hage Geingob se termyn tot ’n einde loop, en met nuwe parlementslede wat ook verkies moet word, kry die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) tans sy huis in order deur nuwe leierskap aan te stel.

Datums vir die komende verkiesings is nog nie in die Staatskoerant gepubliseer nie, volgens die ECN se woordvoerder, De Wet Siluka.

Met kennisgewing no. 398 wat op 22 Desember in die Staatskoerant gepubliseer is, het die regering aangekondig dat onderhoude met kandidate op die kortlys vir nuwe kommissielede Donderdag vanaf 09:00 in die Nasionale Raad (NR) gevoer sal word.

Nadat advertensies in die verband geplaas is, is 13 kandidate op die kortlys geplaas, insluitend twee vroue.

Die kandidate sluit in Rakkel Mbute Andreas, Sarah Iyaloo Negumbo, Vilyo Ngekepo Ndapopiwa, Piteimo Meduletu Hainyanyula, Simeon Tuhafeni Nghipandwa, Hannnu Homateni Shipena, Elago Alfeus Filippus, Evaristus Evaristus, Fillepus Kambonde, Pinias Walomboleni Kashedi, Gerson Uaripi Tjihenuna, Pius Ilende Iikwambi en Linus Milinga Simataa.

Tjihenuna (70) is die oudste kandidaat en Iikwambi (30) die jongste.

Die ECN het verlede jaar in Julie vir Petrus Shaama as die nuwe uitvoerende hoof aangewys en hy het op 1 September 2023 reeds die leisels by Theo Mujoro oorgeneem.

Die ECN het ook meer onlangs – op 17 Desember 2023 – die aanstelling van nuwe streekverkiesingsbeamptes aangekondig. Twaalf uit 14 beamptes verantwoordelik vir verkiesings in al die streke het op 1 Desember 2023 vir die eerste keer in die geskiedenis van die organisasie hul poste ingeneem.

Judika Fikunawa is verantwoordelik vir die Khomasstreek met Willem Josef /Uirab vir Hardap en Jejamaije Mujoro vir die ||Kharasstreek. In Kavango-Oos is Paulus Sifire die nuwe streekbeampte, met Elizabeth Visagie in Kavango-Wes, Henock Hanga in Ohangwena en Ester Hipangelwa in die Oshikotostreek.

Amon Haimbangu is verantwoordelik vir die Oshanastreek, Elizabeth Shiningayamwe vir Omusati, Mike Nganjone vir Kunene, Victoria Amuntenya vir Otjozondjupa en Aune Ndaveka vir die Erongostreek. Die aanstellingsproses vir die Zambezi- en Omahekestreek moes nog teen 17 Desember 2023 gefinaliseer word, het die ECN toe aangekondig.

Die nuutste is die aanstelling van Zenia Klazen as die nuwe direkteur van operasie by die ECN op 22 Desember verlede jaar.

Sy het reeds op 1 Januarie 2024 die leisels oorgeneem. Volgens die ECN was sy voorheen die adjunkdirekteur vir registrasie en beplanning en sal sy nou verskeie verkiesingsprosedure en verwante projekte bestuur. Sy werk al vir 26 jaar in die staatsdiens, insluitend verskeie jare by die ECN.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!