ECN CEO shares on 2024 election preparedness.edited
ECN CEO shares on 2024 election preparedness.edited

ECN: Padkaart vir verkiesing opgestel

Kiesersapatie is ’n uitdaging
Die Verkiesingskommissie sê oor die afgelope twee jaar is 'n uitgebreide kiesersprogram van stapel gestuur.
Sanet Pearson
Elizabeth Kheibes – Die uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), Petrus Shaama, sê stembriewe sal gebruik word vir die presidensiële en nasionale vergaderingverkiesings, wat vir November vanjaar beplan word.

Shaama het gesê dit volg op ’n uitspraak van die hooggeregshof in 2020 wat die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) sonder ’n naspeurbare papierspoor in die kiem gesmoor het.

“Die ECN het die kalender vir die verkiesings opgestel en dit dien as ’n padkaart ter voorbereiding van die presidensiële en nasionale vergaderingverkiesings wat later vanjaar plaasvind,” het hy bevestig.

“Hierdie verkiesings sal voorafgegaan word deur die algemene registrasie van kiesers, waartydens daar van alle stemgeregtigde Namibiese burgers verwag sal word om opnuut te registreer om hul stemme in die komende verkiesing uit te bring,” het Shaama vandeesweek aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê.

Hy het bygevoeg dat die kommissie streekverkiesingsbeamptes aangestel het wat aan die begin van Desember verlede jaar reeds hul poste ingeneem het.

Die beamptes het tussen 5 en 17 Desember omvattende opleiding ontvang.

“Twaalf van die 14 streke het tans streekverkiesingsbeamptes, met die oorblywende poste vir die Omaheke- en Zambezistreek wat nog gevul moet word. Hierdie amptenare is onder andere hoofsaaklik belas met die verantwoordelikheid om die kommissie by te staan om sy strategiese agenda te implementeer, soos in sy strategiese plan vir 2022–’27 uiteengesit is en om die verkiesingsaktiwiteite in die streke te monitor en te koördineer,” het hy gesê.

Die ECN sê oor die afgelope twee jaar is ’n uitgebreide kiesersprogram van stapel gestuur.

“Kiesersapatie is een van die uitdagings wat in die ECN se strategiese plan vir 2022–’27 uitgelig word. Vir die eerste keer in die geskiedenis het die ECN ’n burgerlike kiesersprogram van stapel gestuur om dié uitdaging die hoof te bied. Die program is daarop gemik om bewustheid onder kiesers te skep en om sodoende tot die demokratiese prosesse by te dra,” het Shaama bygevoeg.

Hy het gesê een van die uitdagings wat die kommissie voorsien, is dat sommige geregistreerde kiesers dalk nie sal opdaag as gevolg van vorige ervarings nie.

“Elke verkiesing is uniek. Die ECN sien uit daarna om alle stemgeregtigde kiesers te registreer. In die verlede het ons egter opgemerk nie alle geregistreerde kiesers daag op stemdae op nie. Ons hoop die intensiewe kiesersprogram het dié kwessie getakel.”

Hy het bygevoeg: “Ons sal konsekwent die belangrikheid om hul demokratiese reg op stemdag te kom uitoefen aan alle geregistreerde kiesers uitlig.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!