Die uitslae van die spesiale stemmery sal deur die ministerie van buitelandse sake en samewerkingvervoer word. Foto ECN
Die uitslae van die spesiale stemmery sal deur die ministerie van buitelandse sake en samewerkingvervoer word. Foto ECN

ECN sal verkiesings-webblad bekend stel

Jemima Beukes
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het aangekondig dat hy ’n webwerf vir verkiesingsuitslae en ’n mobiele toepassing vir die verspreiding van verkiesingsuitslae en verwante inligting sal bekend stel op ’n datum wat mettertyd aangekondig sal word.

Daarbenewens het die kommissie gesê die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking sal die verkiesingstembriewe van die spesiale stemmery van buitelandse missies deur veilige kanale terug na Namibië stuur.

In ’n verklaring wat onlangs uitgereik is, het die ECN gesê uitslae en niesensitiewe verkiesingsmateriaal sal by die ECN se logistieke pakhuis onder streng polisiebewaking gestoor word tot die verkiesing op 27 November

Die ECN het ook opgemerk dat sensitiewe verkiesingsmateriaal van die spesiale stemmery binne Namibië na polisiekantore in die onderskeie kiesafdelings gestuur is vir veilige bewaring tot 27 November, waar die verkiesingsuitslae van al 33 stemlokale saamgestel sal word met dié van alle ander stemlokale ná verifikasie deur die toesighoudende beamptes in die kiesafdelings.

“Gevolglik sal alle verkiesingsuitslae ’n enkele komponent vorm van die voorlopige uitslae wat die toesighoudende beamptes aan die Sentrale Verkiesingsuitslagsentrum (CERC) sal stuur. Die verkiesingsuitslae van alle Namibiese diplomatieke missies sal deur die toesighoudende beampte by die ECN-hoofkantoor geverifieer en saamgestel word.”

Hierdie proses sal gelyktydig plaasvind met die verifikasie en samestelling van verkiesingsuitslae by al 121 insamelingsentrums landswyd, na die sluiting van die stempunte, het die ECN gesê.

Voor die aankondiging en plasing van die voorlopige verkiesingsuitslae, sal die verifieerders wat by elke insamelingsentrum aangewys is, die uitslae verifieer om gehalteversekering in die bestuur van voorlopige verkiesingsuitslae te verseker, het die ECN verduidelik.

Die ECN het ook verduidelik dat indien ’n fout tydens die verifikasieproses bespeur word, die betrokke toesighoudende beampte sal verseker dat so ’n fout deur die voorsittende beampte by die betrokke stemlokaal reggestel word en weer by die stemlokaal geplaas word met die handtekeninge van die agente wat die telproses by die stemlokaal behartig het.

“In die geval waar geen politieke party enige agent vir die telproses aangewys het nie, sal dit nie die regstellingsproses ongeldig maak nie. Wanneer die regstelling gemaak is, sal die toesighoudende beampte die voorlopige verkiesingsuitslae bekragtig en dié agente toelaat om alle afskrifte te teken voor die aankondiging en plasing van uitslae by die insamelingsentrum.”

Toesighoudende beamptes moet ook alle dokumente hou soos aangedui en ’n papierspoor verskaf vanaf die stadium van verifikasie en vrystelling van voorlopige verkiesingsuitslae.

Elke toesighoudende beampte sal die voorlopige verkiesingsuitslae oplaai en aan die CERC stuur vir nasionale samestelling en finale aankondiging deur die voorsitter van die kommissie.

#NamibiaDecides2024

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!