Gotthard Kandume-  Christian Democratic Voice (CDV) party leader
Gotthard Kandume- Christian Democratic Voice (CDV) party leader

ECN sleep homself hof toe

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het die hof genader om die deregistrasie van die Christian Democratic Voice (CDV) party om te keer.
Rita Kakelo
"Geen openbare liggaam kan die plig van aanspreeklikheid verontagsaam sonder om 'n fundamentele grondwetlike mandaat te verbreek nie."

Dit het die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) in sy hofstukke gesê nadat dit die ongewone stap geneem het deur die hof te nader met ’n hersieningsaansoek om 'n fout in sy bedrywighede reg te stel.

Die ECN se uitvoerende hoof, Petrus Shaama, het in sy betooghoofde die dringendheid van die situasie beklemtoon en daarop gewys dat die verkiesings om die draai is en kandidaat-nominasies binnekort sluit.

Die ECN het daarom die aansoek op ’n dringende basis gebring om enige verdere vertragings of ontwrigtings in die verkiesingsproses te voorkom.

"Die ECN se versoek aan die hof is om sy vroeëre besluit om te keer as 'n nodige korreksie om verdere komplikasies te vermy."

Die aansoek was nie teengestaan nie en die hof het beveel dat die Christian Democratic Voice (CDV) weer geregistreer moet word.

Dit volg nadat die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) en CDV in Junie vanjaar gederegistreer is omdat hulle nie die vereiste finansiële state ingedien het nie.

Die hofaansoek kom nadat die NEFF, die ECN hof toe gesleep het om die besluit tersyde te stel en suksesvol was. In daardie aansoek het die hof beslis dat die NEFF nie 'n regverdige kans gegun is om homself te verdedig voordat dit gederegistreer is nie.

'n Maand ná sy deregistrasie, het die NEFF se leier, Epafras Mukwilongo, in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) aangevoer dat die deregistrasie van die party verband hou met hul stryd vir Namibiese werkers wat deur hul base uitgebuit word en wat volgens hom finansiers van Swapo was.

“Die bewerings is dat ons beleggers bang gemaak het om na Namibië te kom, maar ons weet almal dat die beleggers waarna hulle verwys spesifieke Indiërs en die Chinese is wat sakebelange in Namibië het en [wat] ons mense uitbuit," het hy destyds gesê.

ONGEWOON

Die bekende regspraktisyn Kadhila Amoomo het sy gedagtes oor die onlangse hofaansoek op sosiale media gedeel en gesê dat die ECN vir die eerste keer in Namibië se geskiedenis besluit het om homself hof toe te vat.

"Die ECN het 'n selfhersiening ingedien om te herregistreer, na aanleiding van verskeie waarskuwings dat sy optrede onwettig was," lui die plasing op Facebook.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° #N/A #N/A