Der neue Wahldirektor Petrus Shaama. • Foto: ECN
Der neue Wahldirektor Petrus Shaama. • Foto: ECN

ECN stel nuwe hoof aan

Kontrak geldig vir vyf jaar
Een van die vyf kandidate is tydens die openbare onderhoud gediskwalifiseer.
Brigitte Weidlich,Tanja Bause
Brigitte Weidlich – Die nuwe hoof van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) is aangewys.

Petrus Shaama sal op 1 September 2023 die leisels by Theo Mujoro as hoofverkiesingsbeampte oorneem. Sy kontrak is vir vyf jaar geldig.

Die voorsitter van die ECN, Elsie Nghikembua, het dié aankondiging gemaak ’n week ná onderhoude met vyf kortlys-kandidate gevoer is.

“Die aanstelling volg op ’n deeglike werwingsproses waartydens mnr. Shaama bewys het hy is ’n gekwalifiseerde en geskikte kandidaat,” het Nghikembua gesê.

Shaama is tans die ECN se direkteur van bedrywighede. Hy het meer as tien jaar ondervinding in verkiesingsbestuur en 25 jaar se ondervinding in openbare administrasie. Hy het ’n meestersgraad in verkiesingspolitiek en -administrasie, ’n baccalaureusgraad (BA) in sake-administrasie en ’n BA in menslike hulpbron-administrasie.

“Ons is vol vertroue dat die ECN onder sy leierskap ’n belangrike rol sal speel in die bevordering van demokratiese waardes, die versekering van verkiesingsintegriteit en die bevordering van openbare vertroue in die verkiesingsprosesse,” het die ECN gesê.

Een van die vyf kandidate is tydens die openbare onderhoud op 30 Junie gediskwalifiseer. Michael Tjivikua het versuim om te verklaar dat hy vanaf 2020 tot 2021 ’n lid van die Swapo-dinkskrum was. Dit het aan die lig gekom toe die Popular Democratic Movement (PDM)-parlementariër, Elma Dienda, tydens die onderhoud beswaar aangeteken het.

Die Landless People’s Movement (LPM) het verlede Donderdag in ’n brief aan die ECN, hul bedenkinge uitgespreek oor een van die vier oorblywende kandidate. Die party het inligting ontvang dat Helmuth Naweseb na bewering ’n werknemer van die Namibiese geheime diens is, en gevra dat die ECN moet ondersoek instel of hy dit in sy aansoek vermeld het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!