ECN stel voorlopige kiesersregister vry
Rekordgetal kan vanjaar stem
Politieke partye wat aan die komende verkiesings deelneem, sal nou die voorlopige kiersersregister bestudeer vir enige teenstrydighede.
Indien geen besware geregistreer word nie, sal 1 451 444 miljoen kiesers vanjaar hul kruisies in die nasionale en presidensiële verkiesings kan trek. Dit is die meeste in die geskiedenis van ’n onafhanklike Namibië.
Die voorlopige kiesersregister, wat gister deur die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) in Windhoek vrygestel is, sal tot 30 September vir openbare insae beskikbaar wees. Die elektroniese register is aan die 20 geregistreerde politieke partye oorhandig.
Die vrystelling van die voorlopige register het ten doel om die politieke partye in staat te stel om die register te bestudeer en, waar die behoefte ontstaan, die verkiesbaarheid van twyfelagtige kiesers op die register uit te daag.
Vir die eerste keer in die kommissie se geskiedenis, is statistieke oor mense wat met gestremdhede leef ook bekend gemaak en dit dui daarop dat 21 785 mense met gestremdhede vanjaar geregistreer het om te stem. Dit sluit in diegene wat blind, doof en fisiek gestremd is asook diegene met kunsledemate.
STREKE, OUDERDOMME
Die streekverdeling van die geregistreerde kiesers dui daarop dat die Khomasstreek steeds as die grootste stemblok in terme van getalle bly, gevolg deur die Omusati-, Erongo- en Ohangwenastreek.
Die hoogtepunt van vanjaar se voorlopige kiesersregister is die toename in verteenwoordiging deur individue in die ouderdomsgroep ouer as 35. Dié ouderdomsgroep is verantwoordelik vir 56% van kiesers op die voorlopige kieserslys en diegene tussen 18 en 34 vir 44%.
DUBBELE REGISTRASIES
Die ECN het ook aangekondig dat hulle sowat 13 685 registrasies opgespoor het wat meer as een keer geregistreer het en dit is glo sedertdien van die voorlopige register verwyder.
Op ’n vraag of diegene wat skuldig is aan twee registrasies enige straf opgelê sal word, het die ECN se hoof van operasies, Zenia Klassen, gesê die wet maak nie voorsiening vir dubbele registrasies nie. “Slegs vir dubbele stemme.”
Onder die rede vir die veelvuldige inskrywings het Klassen dit toegedien aan ontevredenheid met die foto's wat geneem is en persoonlike inligting wat verkeerdelik vasgelê is.
– [email protected]

Kommentaar
Readawn Mouton
Nou waar is die kiesersregister vir openbare insae te kry? Nijs daarvan in die berig nie!!