ECN stuur stembriewe na diplomatieke missies
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het verlede week stembriewe en niesensitiewe hulpbronne aan 33 van die land se 35 diplomatieke missies vir die presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings gestuur. Kiesers in die buiteland, seevaarders en veiligheidspersoneel sal almal hul kruisies op 13 November trek. “Die besendings wat alle verkiesingsmateriaal bevat, is op Vrydag 1 November na 33 van die 35 Namibiese diplomatieke missies oorsee gestuur, met Ondjiva en Menongue (Angola) wat sal volg. Politieke partye wat in die nasionale verkiesing van 2024 staan, is genooi om die verpakking- en verskepingsproses waar te neem,” het die kommissie die afgelope naweek in ’n verklaring gesê. Foto ECN
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie