'Ek het Riruako se seën'
Drie kandidate
Jemima Beukes - Lede van die OvaHerero-gemeenskap gaan op die historiese dorpie Otjimbingwe toesak waar die OvaHerero Tradisionele Owerheid (OTA) se senaat 'n opperhoof sal verkies. Dit terwyl prof. Mutjinde Katjiua homself reeds as behoorlik verkose opperhoof beskou. Die drie kandidate wat meeding vir die posisie is McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement (PDM), Mike Kavekotorua, president van die Rally for Progress and Democracy en Hoze Riruako, ’n politieke ontleder.
Kavekotorua het aan Republikein se susterskoerant Namibian Sun gesê hy het reeds die seën van die wyle opperhoof Kuaima Riruako wat glo aan hom gesê het die RDP-leier kan in sy voetspore volg as hy die leierskap van die OTA opgee.
“Ek beskou myself as genomineer deur wyle Riruako. Ek is ’n bewese leier wat ’n regeringsinstelling bestuur het en wie bewys het ek is ’n volwasse persoon wat gewillig is om met enige persoon te praat. Ek is verkies deur die ontslape opperhoof Riruako wat aan my die leisels wou gee. Ek het die Herero-tradisie gevolg en kom nie met bagasie nie. Ek het reeds werk gedoen om die Herero-volk te verenig deurdat ek daarin kon slaag om sommige mense te laat terugkeer wat saam met prof. Katjiua was. Ek het ook reeds mense se oë in die parlement oopgemaak oor die kwessie van die volksmoord,” het hy gesê.
Kavekotorua is ook daarvoor te vinde om die opperhoof-kapteinskap met Katjiua te deel wat sterk ondersteuning van OvaHerero’s het.
“As dit daarop sal neerkom, sal ek na Katjiua uitreik en hom uitnooi, sodat ons ’n algemene platform het om kwessies te bespreek wat ons gemeenskap raak. Wat gaan twee of drie kapteine verhoed om daar te wees?” het hy gevra.
Venaani glo aan die ander kant hy is die ideale kandidaat omdat hy ’n stoere voorstaander van vrede en versoening is en omdat hy met die PDM groot invloed oor ’n groot aantal Ovaherero en Ovambanderu het. Hy is ook vol vertroue dat sy ondervinding as nasionale leier hom in ’n uitstekende posisie sal plaas om radikale faksies van die OvaHerero te verenig wat deur ‘ongefokusde elemente’ op ’n dwaalspoor gelei is.
“Onthou dat Hosea Kutako met daardie posisie hierdie land teen kolonialisme verenig het. My rekord van stoïsynse stryd vir regverdige vergoeding oor die jare het my kop bo skouers geplaas om 'n aanvaarbare ooreenkoms te beding. Ek is 'n historiese en kulturele ensiklopedie wat ons mense se geskiedenis, hul antropologie en genealogie ken en dit stel my in ’n goeie posisie om mense bymekaar te bring,” het Venaani gesê. Riruako was nie vir kommentaar beskikbaar nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie