Ekandjo sê regering sleep sy voete met wetgewing
Reeds twee jaar gelede ter tafel gelê
Jerry Ekandjo het in Julie 2023 wetsontwerpe aan die Nasionale Vergadering voorgelê wat die bevordering en bekragtiging van selfdegeslaghuwelike sou kriminaliseer, asook die term "eggenoot" sou herdefinieer.
’n Agterbanker vir die Swapo-party, Jerry Ekandjo, het Christine ?Hoebes, die minister in die kantoor van die presidensie, daarvan beskuldig dat sy ’n “kat-en-muis-speletjie” speel oor ’n wetsontwerp van ’n private lid wat hy twee jaar gelede ter tafel gelê het.
“Wanneer ’n wetsontwerp met ’n tweederdemeerderheid van alle lede van die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar en deur die Nasionale Raad bevestig word, is die president verplig om sy toestemming te gee,” het Ekandjo gesê.
“Elke keer as ek die vraag vra, is die minister afwesig; dit is ’n kat-en-muis-speletjie,” het Ekandjo tydens Donderdag se parlementêre sitting gesê.
Ekandjo het in Julie 2023 wetsontwerpe aan die NV voorgelê wat die bevordering en bekragtiging van selfdegeslaghuwelike sou kriminaliseer, asook die term “eggenoot” sou herdefinieer.
Een hiervan, die Wet op Huwelike, is onlangs deur president Nangolo Mbumba onderteken. Die Wet op Huwelike van 2024, wat einde verlede jaar aanvaar is, definieer die huwelik reeds as ’n verbintenis tussen twee volwassenes van verskillende geslagte.
Die tweede wet is nog nie deur die president onderteken nie.
“Ek wag al twee jaar,” het Ekandjo gesê.
“As die president nie ’n wetsontwerp goedkeur nie, moet hy die Speaker in kennis stel wat dan die NV in kennis sal stel.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie