Eksterne konsultante vir Neckartal onnodig
PDM: Landbouministerie het genoeg kundigheid
Die president van die PDM sê om van eksterne konsultante gebruik te maak, sal duur en roekeloos blyk te wees.
Die leier van die amptelike opposisie en president van die Popular Democratic Movement (PDM), McHenry Venaani, het sy kommer uitgespreek oor die ministerie van landbou, water en grondhervorming wat glo op soek is na die kundigheid van eksterne konsultante om ’n uitvoerbaarheidstudie vir die tweede fase van die Neckartaldam-besproeiingsprojek uit te voer.
Venaani sê in ’n mediaverklaring alhoewel die doelwit gegrond kan wees in die strewe na verbeterde landboudoeltreffendheid vir Namibië, is hy bekommerd oor die omsigtigheid waarop die ministerie poog om hierdie doelwit te bereik.
“Die potensiële uitgebreide hulpbronne wat vir die werwing van eksterne konsultante toegewys moet word, weerspieël waarskynlik ’n growwe wantoewysing wanneer hierdie genoemde fondse aansienlik verminder of selfs uitgewis kan word,” het Venaani gesê.
Hy beklemtoon die ministerie beskik oor bekwame en ervare personeel, wat toegerus is met die nodige kennis en vermoë om voorlopige ontwerpe, tenderdokumentasie, kontrak-administrasie en terreintoesig te onderneem.
Venaani glo dat die delegering van hierdie take aan interne personeel ’n slim en kostedoeltreffende pad vorentoe simboliseer.
“Boonop kan die herleiding van moontlike oortollige fondse na ander dringende gebiede, soos die verbetering van watertoegang of die bevordering van voedselsekuriteit met gemeganiseerde landbou-ontwikkeling ’n groter impak op Namibië se welvaart hê,” meen Venaani.
“Dit is dus noodsaaklik dat die landbouministerie die gesamentlike kennis en wysheid van sy personeel oordeelkundig gebruik om sodoende sy hulpbronne ten beste te benut.
“Die ondersteuning van interne talent beklemtoon die geloof in die ministerie se eie vaardighede en talent.”’
Venaani sê om van eksterne konsultante gebruik te maak, sal nie net duur en roekeloos blyk te wees nie, maar sal ook die menslike kapitaal wat die ministerie tot sy beskikking het, ondermyn.
Hy doen dus ’n beroep op die landbouminister Calle Schlettwein om hierdie strategie te hersien en meer spaarsamige maatreëls te implementeer.
Die landboukenner Wallie Roux vra waarom is die ministerie nie bereid om sy eie mense te gebruik nie?
“Dit dui daarop dat hulle nie vertroue in hul eie mense het nie. Die kundigheid lê nie noodwendig in die ministerie nie, maar in die private sektor. Die kostebesparing maak sin, want daar hoef nie buite die land na kundigheid gesoek te word nie, want die kundiges is hier, maar wel in die private sektor,” het Roux gesê.
Jona Musheko, die woordvoerder van die landbouministerie, het gesê die ministerie sal aandag gee aan Venaani se kommer. Musheko het beklemtoon dat die tweede fase ook in verskillende fases afgehandel sal word.
TWEEDE FASE
Verlede jaar is berig dat die tweede fase van die voortslepende multimiljarddollar Neckartal-besproeiingsprojek belastingbetalers 'n bykomende N$2,4 miljard sal kos.
Die aanvanklike fase van die projek is in 2018 teen ’n koste van N$5,6 miljard voltooi.
Die eerste fase van die projek sluit byna 19 000 hektaar grond in wat tussen 2013 en 2018 in die ||Kharasstreek aangekoop is.
Die ministerie het ’n totaal van N$2,4 miljard in die 2023-’24-boekjaar toegeken – ’n verhoging van 22,1% vanaf verlede jaar vir die tweede fase – wat die bou van kanale en stortingspunte en waterdrukpompstasies vereis.
Neckartal is die grootste dam in die land, met byna twee keer die totale kapasiteit van bestaande groot damme. Sy huidige watervlak staan op 89,1%.
Schlettwein het vroeër gesê die projek sal sowat 12 600 permanente en seisoenale werksgeleenthede vir die beoogde besproeiingskemas skep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie