NOT WANTED: Grootfontein mayor, Talitha Garises.
NOT WANTED: Grootfontein mayor, Talitha Garises.

Etniese politiek lê Grootfontein lam

Kamerade speel glo die stamkaart
Die verdeeldheid onder Swapo-kamerade op Grootfontein blyk diep gewortel te wees.
Kenya Kambowe
‘n Tweespalt het binne die regerende party op Grootfontein ontstaan midde ‘n politieke oorlog tussen die Damara- en Oshiwambosprekende kamerade wat mekaar se bloed soek in hul strewe na magsposisies.

As jy nie in Grootfontein gebore is nie, en bowenal nie Damarasprekend is nie, word jy glo nie in die politieke landskap van die dorp verwelkom nie. Dít blyk die verdelingspunt op die dorp te wees wat die afgelope tyd om al die verkeerde redes in die media was.

Die oudburgemeester van Grootfontein, me. Lovisa Iyambo, het op rekord gesê haar opvolger en mede-Swapo-lid, me. Talitha Garises, moet tot inkeer kom en van die plaaslike owerheid herroep word.

Iyambo het Garises vandeesweek beskryf as ‘n stamlid en nie ‘n ware Swapo-kameraad nie. Sy het haar opvolgers daarvan beskuldig dat sy nie die party se ideologie volg nie, asook dat sy met die vyand (opposisiepartye) saamsweer.

“Talitha is stamgebonde. Sy moet Kisco Sinvula los. As sy by ‘n ander politieke party wil aansluit, is sy vry om dit te doen en die Swapo-party te verlaat,” het Lovisa gesê.

Lovisa se sentimente, wat sy ook in ‘n stemopname wat wyd die ronde gedoen het, uitgespreek het, spreek van die kwade gevoelens tussen haar en Garises.

Aan die ander kant het Garises aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê sedert sy die burgemeesterspos in Februarie ingeneem het terwyl die Popular Democratic Movement (PDM) se raadslid, me. Elizabeth Kastoor, as die voorsitter van die bestuurskomitee ingesweer is, kry hulle die koue skouer van ander raadslede omdat hulle Damarasprekend is.

Die drie ander Swapo-kamerade, Iyambo en mnre. Victor Shandjuka en Alfeus Nghikevali, is almal Oshiwambosprekendes wat na bewering die stamkaart speel.

Hulle ontken egter dié bewerings.

Om dié rede glo Garises haar medekamerade is op grond van haar stam teen haar gekant.

“Ons (Damaras) is onwelkom omdat ons nou bo sit. Dis die probleem. Hulle noem my allerhande name en ‘n rugsteker wat Kastoor as voorsitter van die bestuurskomitee ingebring het,” het Garises gesê.

WAAR HET DINGE SKEEFGELOOP?

Volgens Garises het die onmin tussen haar en die ander Swapo-raadslede in Desember 2020 net ná die plaaslike en streekowerheidsverkiesings ontstaan.

Garises het gesê sy is op die distrikskonferensie, wat bepaal het watter posisie die vier partylede tydens die beëdigingseremonie moes inneem, as die voorsitter van die bestuurskomitee verkies, maar dinge het anders uitgewerk.

Shandjuka het uiteindelik in daardie pos gedien, ‘n situasie wat volgens haar daartoe gelei het dat haar medekamerade haar afgeskeep en op sekere dinge uitgesluit het.

Sedertdien het die vier Swapo-kamerade nie as ‘n eenheid gefunksioneer nie.

STREEK VERDEEL

Die verdeeldheid onder die Swapo-kamerade op Grootfontein blyk diep gewortel te wees, soos die munisipaliteit se raadslid, Shandjuka, ook bevestig het.

Shandjuka het gesê die verdeeldheid is duidelik op distriks- en streekvlak binne die party.

“Jy sien, die party self is oraloor die streek verdeel, selfs ons distriksbestuur is verdeeld. Hierdie een druk van hierdie kant af en daardie een druk van daardie kant af. Die probleem het gekom omdat sommige gegrief is omdat hulle raadslede wou word maar nie die lys gehaal het nie,” het hy gesê.

Shandjuka het die aantygings dat sommige teen Garises gekant is omdat sy ‘n Damara is, ontken en gesê hy is self getroud met ‘n Damarasprekende vrou.

PARTY-INGRYPING

Me. Susan Hikopua, streekkoördineerder van Swapo in Otjozondjupa, het by navraag gesê die party hou die situasie op Grootfontein dop en sal in die komende week ‘n besluit neem. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!