'Geen gunste vir gawes'
Netumbu maan skenkers van miljoene
Die regerende party se presidensiële kandidaat sê daar is geen slinksheid in verband met die skenkings nie.
Swapo se presidentskandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die skenkers wat miljoene dollars by die regerende party se galadinee belowe het, gemaan om niks in ruil daarvoor of gunste van die regering te verwag nie.
Sy het Maandag tydens die afsluitingseremonie van die party se kieskollege skenkers gemaan om niks in ruil vir hul finansiële ondersteuning van die party te verwag nie.
Nandi-Ndaitwah het gesê daar is geen slinksheid in verband met die N$16 miljoen wat die party van skenkers ingesamel het nie, want “alles is openlik gedoen en diegene wat ’n probleem het, kan die boeke van diegene wat geld geskenk het, gaan oudit”.
’n Aantal sakemanne wat mildelik by staatskontrakte baat gevind het, was van die grootste skenkers by die dinee.
“Aan diegene wat hierdie land wil beskerm, maak jou skenkings, maar verwag niks terug nie. Al wat jy sal kry is demokrasie en prosesse om voort te gaan om jou besigheid te bedryf,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg: “Ons teenstanders wil ons skuldig laat voel vir die insameling van fondse, maar wanneer ander partye geld van onbekende bronne kry, is hulle stil.”
WêRELDWYE PRAKTYK
Nandi-Ndaitwah, ’n gesoute diplomaat, sê dit is ’n wêreldwye praktyk van die sakegemeenskap om politieke entiteite van hul keuse te finansier.
“Ons het ’n galadinee gereël en mense het gewillig en vrywillig skenkings belowe, maar kyk na die opskrifte wat gevolg het. Kyk oraloor die wêreld hoe politieke partye en kandidate fondse insamel van diegene wat demokrasie wil beskerm.
“Jy hoor geen geraas hieroor nie, maar in ons geval word ons daarvan beskuldig dat ons demokrasie verkoop. Dit moet stop. Is dit omdat ons Afrikane is? Dit is nie regverdig nie,” het ’n sigbaar geïrriteerde Nandi-Ndaitwah gesê.
Ná die Fishrot-skandaal waarin verskeie Swapo-weldoeners in 2019 weens beweerde korrupsie-aanklagte gearresteer is, het die party ’n rits veranderings aangebring aan die manier waarop Swapo skenkings aanvra en ontvang.
REGULASIES
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het destyds regulasies gepubliseer oor die maksimum drempel van geld wat partye van Namibiërs, plaaslike firmas, buitelanders en buitelandse maatskappye kan ontvang voordat hulle gedwing word om hierdie bedrae via die media bekend te maak.
Die destydse partypresident, wyle dr. Hage Geingob, het toe aangekondig dat Swapo ’n interne proses van hersiening, hervorming en ondersoek na vorige skenkings onderneem.
Hy het met onmiddellike effek beveel dat geen Swapo-lid of simpatiseerder moet poog om skenkings van enige voornemende skenker – plaaslik of internasionaal – te werf sonder die magtiging van die kantoor van die sekretaris-generaal nie.
Geingob het ook opdrag gegee dat geen Swapo-lid of ampsdraer namens die party skenkings van enige bron – plaaslik of internasionaal – mag aanvaar sonder om magtiging van die party se sekretaris vir finansies en ekonomiese aangeleenthede, in oorleg met die sekretaris-generaal (SG), te verkry nie.
’n Ander regulasie het verplig dat enige persoon of instansie wat op versoek of op ’n vrywillige basis van voorneme is om ’n skenking aan en tot voordeel van Swapo of sy ampsdraers te maak, dit in oorleg moet doen deur die kantoor van die party se sekretaris vir finansies en ekonomiese aangeleenthede en die SG.
Geingob het gesê Swapo gaan ’n sentrale owerheid, verkieslik sy sekretaris vir finansies en ekonomiese sake, aanstel om skenkings wat aan die party gemaak is, te aanvaar en te registreer. Dit sal hulle in staat stel om interne omsigtigheidsprosedures uit te voer voor die formele aanvaarding van ’n bepaalde politieke skenking en om skenkings wat die voorgeskrewe drempels oorskry, in die openbaar bekend te maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie