Design-13-width-10cm-white-background
Design-13-width-10cm-white-background

Geen manifeste nog vrygestel

Tuyeimo Haidula
Met 20 geregistreerde politieke partye wat by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) geregistreer is om aan die komende nasionale verkiesings in November deel te neem, is nie ’n enkele verkiesingsmanifes uitgereik nie met minder as vier maande om na die stembus te gaan.

’n Verkiesingsmanifes is fundamentele dokumente wat ’n politieke party se voornemens en beloftes uiteensit en dien as ’n padkaart vir die party se visie en programme.

AR

Die Affirmative Repositioning (AR) se leier, Job Amupanda, het gesê hoewel hulle nog nie ’n datum het wanneer die party se manifes vrygestel sal word nie, sal dit betyds vir kiesers wees om hulself daarvan te vergewis.

Amupanda het dit duidelik gemaak hy is nie gretig om die manifes saam te stel nie en dat die AR nie hulself wil verbind “tot die sogenaamde standaarde wat deur Swapo gestel word oor hoe politiek bedryf moet word nie”.

Hy het egter belowe dat sy party een sal vrystel.

“Ons het reeds begin om ons standpunte oor kwessies te stel sodat teen die tyd dat jy ’n dokument kry, jy reeds vertroud is met wat ons wil doen. Dis hoekom ons sessies het waar ons ons beleidsrigtings verduidelik,” het Amupanda gesê.

Volgens hom hoef kiesers nie tot November te wag om te weet dat die party die stemouderdom van 18 tot 16 wil verlaag as deel van sy wetgewende agenda nie.

Die party wil ook ’n derde stad by Kaap Freya in die Kunene skep as ’n hawe om die ekonomie ’n hupstoot te gee en werksgeleenthede te verskaf.

Die AR wil ook ’n derde hoërhof in Keetmanshoop bou sodat die land die hoofgebou in Windhoek het met die noordelike afdeling in Oshakati en die suidelike afdeling in Keetmanshoop.

“Daar sal betyds ’n manifes wees om jou besluite en keuses te maak voor jy gaan stem. Ons het ’n komitee vir regsdokumentasie wat die kwessie van die manifes hanteer,” het hy gesê.

PDM

Die Popular Democratic Movement (PDM) sal sy manifes bekend maak by sy kongres wat vir 22 Augustus geskeduleer is, volgens die party se woordvoerder, Roberto Dirkse.

Hy sê dit sal fokus op die verbetering van toeganklikheid en ’n proaktiewe standpunt oor verbetering, geleenthede en aanspreeklikheid hê.

Die doel is ook om die party se beleidsrigtings meer spesifiek uit te lig om te verseker dat elke kiesers die PDM se verbintenis tot progressiewe hervorming verstaan en wat direk werkende families en gemarginaliseerde gemeenskappe oraloor die land raak.

Dirkse sê die party erken die behoefte aan duideliker implementeringstrategieë asook die belangrikheid daarvan om omvattende riglyne te verskaf om die beplande doelwitte te bereik.

Volgens hom is omvattende planne vir die komende verkiesing ’n prioriteit om nie net te wys wat die party wil bereik nie, maar ook om duidelikheid te gee oor hoe om dit te bereik.

Ondanks veranderende demografie en kiesers se veranderende optrede en voorkeure, sê Dirkse die PDM glo vas dat ’n manifes ’n noodsaaklike hulpmiddel bly om kiesers te betrek.

“Ons glo in die doeltreffendheid van ’n manifes en glo dat dit die beste manier vir kiesers is om te bepaal aan wie hulle hul stem wil toevertrou,” het hy gesê.

SWAPO

Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, sê die regerende party sal sy manifes in September vrystel.

Sy het egter nie meer inligting verskaf oor wat verwag kan word nie.

LPM

Die Landless People’s Movement (LPM) se woordvoerder, Lifalaza Simataa, sê die party se manifes is in die verfyningstadium van die laaste tydelike dokument. Dit sal tydens ’n byeenkoms vrygestel word waarvan die datum nog nie bepaal is nie.

Volgens hom sal die manifes onder meer fokus op die impak van Covid-19 op alle sektore in die land.

As die tweede grootste politieke party in plaaslike owerhede, sê Simataa is dit noodsaaklik dat die lesse van hul tyd in die parlement verfyn en gedeel word.

IPC

Die Independent Patriots for Change (IPC) wou by monde van sy woordvoerder, Imms Nashinge, nie verklap wat in die party se manifes staan nie.

Hy het egter gesê die benadering van die party fokus op deelname aan demokrasie op voetsoolvlak.

“Ons het na gesprekke met regeringsagentskappe en ministeries geluister om te verstaan en direk te hoor wat is die uitdagings wat hulle in die gesig staar en hoe ons kan help,” het hy gesê.

Volgens Nashinge het die party gesien hoe erg armoede in die land is en hoewel hulle ’n paar tydelike oplossings gebied het, is die wens om meer permanente oplossings te bied wanneer hulle die verkiesing wen.

“Tydens een besoek aan die landelike gebiede het ons ’n ma gekry wat besig was om kos met die binnegoed van vis te maak. Dit is moeilik om te verstaan. Om hulle met net N$100 ’n dag te los, is nie goed genoeg nie, dit het permanente oplossings nodig.”

Volgens hom het die plan nie 400 bladsye nodig nie, maar ’n leier wat weet wat mense nodig het en verwag.

’n Leier wat onbaatsugtig is en die hart en gewilligheid het om toe te sien dat sy medeburgers beter leef en dat gelykheid ’n prioriteit is.

Hy sê diegene wat aan die verkiesings deelneem, moet eerlik met hulself wees omdat sommige nog nie 'n enkele nedersetting met hul eie motor en op hul eie onkoste besoek het nie.

Volgens hom word die nedersettings meestal net besoek om mineraalwater te koop, terwyl die inwoners soutwater moet drink.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76%