1c21cd5b-7efb-4d9d-9bb9-1ac54337ac98
1c21cd5b-7efb-4d9d-9bb9-1ac54337ac98

Geingob beskou Goliath as ’n ‘vredemaker’

Swapo-staatmaker ter ruste gelê
Verskeie politieke hooggeplaastes het Saterdag opperhoof Stephanus Goliath se staatsbegrafnis op Berseba bygewoon.
Tanja Bause
Jemima Beukes – President Hage Geingob het wyle opperhoof Stephanus Goliath as ’n visioenêre leier beskryf, wat ’n konsekwente en betroubare bron van kennis vir almal was wat die voorreg gehad het om met hom in gesprek te tree.

Goliath, wat op 10 Maart gesterf het, is Saterdag op Berseba in die ||Kharasstreek ter ruste gelê. Hy was ’n Swapo-staatmaker en die eerste goewerneur in die ||Kharasstreek.

Verskeie politieke hooggeplaastes het sy staatsbegrafnis bygewoon, insluitend dr. Panduleni Itula, leier van die Independent Patriots for Change (IPC), wat saam met hom tydens die bevrydingstryd in Gobabis aangehou is.

Geingob het gesê: “[Goliath] was ’n vereniger en ’n vaartuig van vrede, gefokus op die behoeftes van ander en iemand wat sy pligte met volwassenheid, selfbeheersing en nederigheid benader het.

“Hy het die onbaatsugtige aard van ’n ware kampvegter geïllustreer, wat toegewy was aan iets groter as homself – die Namibiese nasie.”

NAMA ONDERWYSERSUNIE

Goliath het sy onderwysloopbaan aan die Hoërskool St. Therese op Tses begin en is gou tot senior onderwyser bevorder en uiteindelik skoolhoof.

Met die apartheidsregime op sy hoogtepunt, kon hy hom egter nie versoen met die gehalte van onderwys wat op leerlinge se velkleur gebaseer was nie.

Die realiteit van daardie tye het swaar op hoofman Goliath en sy tydgenote se gemoed gerus.

“Vervolgens het hulle saamgekom om die Nama Onderwysersunie, waarvan hy die voorsitter was, te stig, afgevaardig deur nog een van ons oorlede seuns, kameraad Willem Konjore.

“Dit was onder die skerpsinnige en doelgerigte leiding van hoofman Goliath dat die onderwyserstaking in 1976 uitgeroep is om beter vergoeding vir Nama-onderwysers te eis,” het Geingob gesê.

Weens sy politieke bedrywighede was Goliath vir ses maande in Gobabis en Windhoek in die tronk, maar ondanks voortdurende dreigemente van arrestasie, marteling en die dood, het hy met sy sending volhard.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!