Goewerneur tevrede met voorbereidings
Omusati se goewerneur, Erginus Endjala, sê sy streek het begin met fase twee van die verkiesingsproses.
Die goewerneur het ‘n konsultatiewe vergadering met beamptes van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) Maandag gehou. Endjala sê een van die besprekingspunte was vir politieke partye oor hoe hulle kiesersonderrig moet behartig en hoe om botsings met ander partye te vermy.
Volgens hom is dié fase deurslaggewend omdat dit hulle voorberei vir die komende presidensiële en nasionale vergadering-verkiesings wat die basis tot demokratiese bestuur is.
“In die algemeen doen ons tot dusver goed. In terme van gedrag en verdraagsaamheid. Ons het nog nie enige voorvalle aangemeld van politieke partye wat met mekaar gebots het en wat tot ‘n bakleiery gelei het nie. Kom ons behou die vrede. Politiek kom en gaan. Jou bure gaan jou bure bly,” het Endjala gesê.
Hy het die ECN geloof vir hul ondersteuning wat die kommissie aan die streek tydens die algemene registrasie van kiesers gegee het.
“Hul toewyding was instrumenteel om die sukses te verseker van hierdie kritieke fase in ons verkiesingsproses – van die organisering van logistiek tot om met die gemeenskap in gesprek te tree,” het Endjala gesê.
Ohangwena het verlede week ook ‘n vergadering met rolspelers gehad, met die verkiesingsbeampte vir die streek, Henock Hanga, wat beklemtoon het spesiale stemreëlings sal vir spesiale individue soos soldate en polisiebeamptes getref word.
Om die sukses van die spesiale stem-inisiatief te verseker, het Hanga gesê beamptes wat by die proses betrokke is, sal gespesialiseerde opleiding ontvang. Die opleiding sal op Eenhana plaasvind.
“Die opleiding sal aan hulle die nodige vaardighede en kennis gee om hul pligte doeltreffend uit te voer en die integriteit van die proses te verseker,” het Hanga gesê. #NamibiaDecides2024

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie