Die Verkiesingskommissieforum in SADC (ECF-SADC) en ECN-lede verlede week. Foto ECN
Die Verkiesingskommissieforum in SADC (ECF-SADC) en ECN-lede verlede week. Foto ECN

Groot hervormings vir ECN voorgestel

‘Maak tydlyn vir uitslae bekend’
Die Verkiesingskommissieforum vir SADC het verlede week 'n besoek aan Namibië afgelê om die ECN se gereedheid te evalueer.
Iréne-Mari van der Walt
Die Verkiesingskommissieforum vir SADC (ECF-SADC) het hervormings voorgestel wat ’n tydlyn insluit waarbinne verkiesingsuitslae bekend gemaak kan word.

Die aanbevelings vir hervorming kom nadat waarnemers en kiesers oor die jare hul kommer uitgespreek het oor die tyd wat dit vir die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) neem om die uitslae ná stemdag bekend te maak, met talle wat gesê het dit skep ruimte vir sameswerings en aansprake van stemgedrog.

Tydens die 2014 en 2019 presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings het die ECN die uitslae eers drie dae ná stemdag aangekondig.

Die voorstel vorm deel van verskeie aanbevelings wat in die forum se ondersoekverslag vervat is nadat dit verlede week ’n voorverkiesingsbesoek aan Namibië gebring het.

Die besoek het ten doel gehad om die gereedheid van die ECN om geloofwaardige verkiesings te hou tegnies te evalueer en om vas te stel in watter mate die forum se 2019-aanbevelings oorweeg is.

VOORGESTELDE VERANDERINGE

Die forum het ook ’n beroep op die ECN gedoen om te belê in die gebruik van skakelkomitees vir politieke partye as ’n alternatiewe platform vir die oplossing van dispute en dat daardie komitees regdeur die verkiesingsiklus gebruik moet word, nie net op die vooraand van verkiesings nie.

“In die lig van die verwagte uitdagings wat verband hou met die toestroming van kiesers in sekere kiesafdelings op stemdag, kan die ECN oorweeg om aansoekreëlings in te stel vir kiesers wat van voorneme is om te stem in gebiede waarin hulle nie woon nie. Dit is vir beplanningsdoeleindes,” het die forum opgemerk.

Die forum het ook aanbeveel dat die ECN gebruik maak van alternatiewe mediaplatforms vir landelike gemeenskappe wat dalk nie toegang tot webwerwe het nie, asook om te belê in strategieë om verkeerde inligting soos diepvervalsings (deepfakes) te hanteer deur mediamonitering.

Die ECN, het die forum gesê, moet ook daaraan werk om kwessies van vorige verkiesings oor verlore elektroniese stemtoestelle (EVM’s) en skootrekenaars af te handel “aangesien dit kan voortgaan om die integriteit en aanspreeklikheid deur die ECN te beïnvloed”.

Terwyl die meerderheid van die uitdagings wat deur die ECN aan die waarnemersending uitgelig is, verband hou met ’n gebrek aan inligting en rigtinggewende raamwerke, glo die forum dat die ECN gereed is om die verkiesings in November te hou.

Die forum het die ECN geloof vir tegnologiese vooruitgang, veral die bekendstelling van geïntegreerde verkiesingsbestuurstelsels en die gebruik van tablette tydens stemdae.

Die werwing van werklose jeugdiges as personeel by stemlokale is beskou as ’n “progressiewe inisiatief” en die voorsiening van voldoende finansiering aan die ECN is geprys as ’n faktor wat die ECN se gereedheid vergemaklik.

Die ECF-SADC het ook opgemerk dat die bekendstelling van jeug-ambassadeurs deur die ECN moontlik ’n noemenswaardige faktor was in die toename in die aantal jeugdiges wat geregistreer het om aan die verkiesings deel te neem.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!