Die UPM se president en parlementslid, Jan van Wyk. Foto argief
Die UPM se president en parlementslid, Jan van Wyk. Foto argief

Hemelse ingryping is nodig, sê UPM

Eerste tak buite Rehoboth vandag oop
Die party het 'n versoek aan die Raad van Kerke in Namibië gerig om te vra dat 'n landswye bidsessie vir eerskomende Sondag gereël word.
Augetto Graig
Die United People’s Movement (UPM) sal vandag amptelik sy streektak op Outapi in die Omusatistreek open.

Die party se president en parlementslid, Jan van Wyk, sê dit sal die eerste streektak sedert die party se bestaan in 2009 wees.

“Die UPM hou aan om te groei ten spyte van uitdagings. Die party Kingdom of God, wat nog nie in Namibië as politieke party geregistreer is nie, sal ook amptelik by die geleentheid as ’n filiaal van die UPM aangeneem word,” het hy vandeesweek gesê.

Met die amptelike opening van die UPM se bedrywighede vir dié jaar op 10 Januarie, het Van Wyk gesê: “Hierdie jaar is waarskynlik die belangrikste jaar vir ons en Namibië as ’n land, aangesien die komende verkiesings moontlike veranderinge vir die Namibiese landskap sal bring.

“Ek doen ’n beroep op julle as lede van die UPM om waaksaam te wees terwyl ons vir hierdie verkiesings voorberei. Ons bid vir vreedsame, vrye en geloofwaardige verkiesings. Ons is besig om moontlike alliansies te vorm, om te verseker dat kiesers se stemme tot voordeel van die land verenig word,” het hy toe gesê.

“Ons sal binnekort begin met voorbereidings vir die 2024-verkiesingskruistog, en nie ’n veldtog soos ons gewoonlik gedoen het nie. Ek doen ’n beroep op alle Namibiërs van18 jaar en ouer om gereed te wees om as kiesers te registreer tydens die komende registrasieproses,” het hy bygevoeg.

Die onlangse grumoord van ’n vroueburger van Rehoboth het Van Wyk geraak en hy lig geslagsgeweld uit as ’n kernuitdaging in Namibië, saam met die moontlikheid dat die droogte langer sal duur as dit nie binnekort ‘wyd en sterk’ reën nie.

Die UPM se waarnemende sekretaris-generaal en nasionale sekretaris vir inligting en publisiteit, pastoor Francis Huish, het verlede week aan die Raad van Kerke in Namibië (CCN) oor dié kwessies geskryf.

In sy brief gedateer 12 Januarie het Huish ’n versoek aan die algemene sekretaris van die CCN gerig om te vra dat ’n landswye bidsessie vir eerskomende Sondag gereël word.

“Dis asof die mans van hierdie land diere geword het, as die tempo in ag geneem word waarteen vroue en kinders mishandel, verneder en vermoor word,” skryf Huish.

“Die UPM is oortuig dat die land ’n hemelse ingryping nodig het om hierdie optrede te stop.”

Die UPM vra spesifiek vir kerkgangers om Sondag te bid dat God Namibië met reën moet seën, God in mans se lewens moet ingryp en ma’s, dogters en kinders moet beskerm, en dat vanjaar se verkiesings in Namibië en in Suider-Afrika vreedsaam, vry en regverdig moet geskied.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!