Irene Simeon-Kurtz. Photo Contributed
Irene Simeon-Kurtz. Photo Contributed

Hoë se kragskuld bevraagteken

Uitvoerende beampte skuld glo N$650 000
Die gemeenskap van Usakos wil weet hoe 'n uitvoerende beampte van Erongo RED met meer as 'n halfmiljoen dollar se elektrisiteitskuld kan wegkom.
Adam Hartman
“Vra hulle hoekom het hulle nog nie die krag afgesny nie? Ek het hulle ook vir antwoorde op die rekening gevra, maar hulle het nie gereageer nie.”

Só het me. Irene Simeon-Kurtz, uitvoerende hoof van Erongo RED, gesê nadat inwoners van Usakos bevraagteken het hoe sy na bewering met uitstaande elektrisiteitskuld van sowat N$650 000 kan wegkom, terwyl hul elektrisiteit afgesny word as hulle baie minder skuld.

“Dis ’n tipe toesmeerdery en hulle gebruik die AR (Affirmative Reposisioning) om hierdie kwessies aan te blaas,” het sy gesê.

“Iemand moet antwoorde gee?”

Simeon-Kurz het by navraag gesê sy betwis nie die feit dat die bedrag uitstaande is nie, maar het bygevoeg sy kan nie namens die maatskappy kommentaar lewer nie aangesien dit teen hul beleid is.

Die uitstaande skuld het aan die lig gekom nadat ’n verklaring van Erongo RED gedateer 23 April aan die gemeenskap uitgelek het.

Luidens die verklaring skuld ’n vulstasie wat na bewering deur raadslid Irene Simeon-Kurtz (wat ook ’n raadslid van Usakos is) besit word die plaaslike elektrisiteitsverspreider N$649 728,45.

’n Gemeenskapsaktivis en lid van die AR, mnr. Joseph Kandowa, het in Mei ’n brief aan Erongo RED se raadsvoorsitter, me. Zoe Nambahu, gestuur waarin regstellende maatreëls geëis word.

Hy noem die skuld “’n duidelike oortreding van Erongo RED se gedragskode, beleid van belangebotsing en toepaslike wette en regulasies wat die bedrywighede van Erongo RED beheer”.

“As ’n algemene reël het alle raadslede ’n verantwoordelikheid teenoor statutêre en gemenereg om enige potensiële botsing van belange te vermy en om teen alle tye in die beste belang van Erongo RED op te tree,” het hy gesê.

Hy het gesê die gemeenskap eis dat Erongo RED se direksie dringende dissiplinêre stappe neem, insluitend haar verwydering en beëindiging van haar pligte as raadslid. Hulle eis ook dat die diensstasie se elektrisiteit afgesny word.

“’n Skuldterugbetalingsplan [moet] op soortgelyke wyse uitgewerk word as wat op gewone inwoners van toepassing is wanneer hulle Erongo RED minder as N$1 000 skuld,” het hy gesê en bygevoeg as daar versuim word om aan dié eise te voldoen, sal dit tot ’n betoging van die gemeenskap lei wat geregtigheid eis.

By navraag het Erongo RED se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Nico Niemand, gesê die maatskappy is bewus van Kandowa se brief. Hy het verder gesê Erongo RED is nie in ’n posisie om rekeningverwante of enige ander inligting oor sy kliënte of belanghebbendes aan ’n derde party sonder dié partye se toestemming openbaar te maak nie.

Nambahu het egter in ’n direkte antwoord aan Kandowa bevestig dat die diensstasie ’n kliënt van Erongo RED is, maar dat die maatskappy nie verdere inligting kan bekend maak nie.

Sy het wel gesê wat die botsing van belange betref, is alle direksielede kliënte van Erongo RED, of dit nou residensiële, sake- of werkgewersrekeninge is.

“Ons bevestig en verseker dat botsing van belange volgens die regulasies van die maatskappy bestuur word,” het Nambahu verseker.

Sy het ook gesê om ’n direkteur aan te stel of te verwyder, berus uitsluitlik by die aandeelhouer.

Die aangeleentheid kom op ’n tyd waar Simeon-Kurtz beweer die werwingsproses van Erongo RED se nuwe uitvoerende beampte, mnr. Immanuel !Hanabeb, was onreëlmatig en moet omgekeer word.

Intussen het die voormalige uitvoerende hoof, mnr. Fessor Mbango, wie se kontrak nie hernu is nie, ’n dispuut by onderskeidelik die kantoor van die arbeidskommissaris en die hooggeregshof aanhangig gemaak. – [email protected]

Kommentaar

David Louw 2 Jaar Gelede 01 June 2022

As jy aan swapo behoort is jy kroonwild en kan met enige iets wegkom!!

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!