Internet-onderbrekings steek kop uit in verkiesingsjaar
'Owerhede moet onpartydig bly'
Die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte sê toenemende onderbrekings in die netwerk en internet word gedurende die verkiesingsjaar ondervind.
’n Kommerwekkende neiging van onderbrekings in die netwerk en internet kan politieke stabiliteit beïnvloed.
Dié onderbrekings kan toegang tot noodsaaklike inligting beperk en kommunikasie van verkiesingskandidate belemmer in ’n tyd wanneer die vasteland oorval word met inligting wat met sy verkiesings verband hou.
So verduidelik kommissaris Geereesha Topsy-Sonoo, die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte se spesiale rapporteur vir vryheid van uitdrukking en toegang tot inligting in Afrika.
Sy het haar kommer by ’n streekverkiesingswerkwinkel uitgespreek wat deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se Sentrum vir Menseregte en die Verkiesingskommissieforum gereël is.
Sy moedig die implementering van die Afrika-handves vir Demokrasie, Verkiesings en Regering (ACDEG) deur alle Afrikalande aan.
“Ons sien toenemende internet- en netwerkonderbrekings of -afsluitings veral tydens verkiesingstye, wat toegang tot kritieke inligting belemmer of heeltemal beperk, en ook die vermoë van kandidate om met kiesers te kommunikeer, kniehalter,” sê sy.
“Dit spreek vanself dat die doeltreffende bestuur van verkiesingstelsels vereis dat instansies inklusief, volhoubaar, regverdig en onafhanklik moet wees.
Die sleutelspeler in die meeste verkiesingstelsels is die verkiesingsbestuursliggame wat die nodige gesag moet hê om reëls af te dwing en regverdigheid te verseker in samewerking met politieke partye en burgers.
“As die verkiesingskeidsregter wat verantwoordelik is vir die beplanning van ’n vrye en geloofwaardige verkiesingsproses, moet daar gesien word dat hulle vry en regverdig is tydens die hele verkiesingsproses,” het sy gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie