IPC-lede steeds ontevrede oor LP’s se keuringsproses
Ontevredenheid broei binne die Independent Patriots for Change (IPC) aangesien gefrustreerde lede die party se president, dr. Panduleni Itula, daarvan beskuldig dat hy die keuringsproses vir die 20 parlementslede (LP’s) wat vandag ingesweer word, gemanipuleer het.
Sommige lede, wat anoniem met Network Media Hub (NMH) gepraat het, beweer die party se grondwet is verontagsaam ten gunste van selektiewe aanstellings.
“Ons is kwaad. Die verdeeldheid in die party word al hoe groter en die leierskap weier om na ons te luister,” het een lid vandeesweek gesê.
Partyleiers word daarvan beskuldig dat hulle sekere streke wat veronderstel was om vir parlementêre verteenwoordiging oorweeg te word, opsy geskuif het.
Volgens die IPC se grondwet moes setels toegeken word op grond van stemme wat by die party se interne konferensie behaal is, wat kandidate van agt streeklyste getrek het.
Sommige lede beweer egter nou hierdie proses was ’n “wit leuen”.
“Die ||Kharasstreek se eerste kandidaat is byvoorbeeld op nommer 52 op die lys geplaas, terwyl Otjozondjupa op nommer 50 begin het,” het ’n lid beweer.
Artikel 11, subartikel 11.12 van die IPC se grondwet bepaal: “Met behoorlike inagneming van geslag, minderheidsverteenwoordiging en grondwetlike bepalings, sal elke streek agt lede op die party se parlementêre lys verkies. Op grond van die persentasie stemme wat uitgebring is, sal lede in dalende volgorde getrek word. Enige oorblywende setels sal deur lotery tussen die streke verdeel word.”
Ten spyte hiervan voer lede aan dat streke soos Zambezi – wie se stemme na bewering onvoldoende was vir ’n setel – vier plekke in die parlement gekry het, terwyl ander kwalifiserende streke uitgelaat is.
Oshana, beweer hulle, het ook meer setels gekry as wat geregverdig is, terwyl Hardap heeltemal verteenwoordiging geweier is.
“Zambezi het vier mense op die lys, terwyl sommige streke niks gekry het nie. Dit is nie wat belowe is nie,” het die lid gesê.
BEWEERDE ONREëLMATIGHEDE
Lede voer ook aan dat Itula persoonlik 10 kandidate genomineer het, al sê die grondwet dat nie meer as agt aangestel mag word nie.
Verder is geen besonderhede oor individuele stemtellings na bewering verskaf voordat die finale lys bekend gemaak is nie.
“Voor die aankondiging is lede gevra of hulle enige bekommernisse het, maar skielik het die nasionale hoofsekretaris net die 96 name voorgelees.
“Niemand weet hoeveel stemme elke kandidaat gekry het, hoeveel stembriewe bederf is of wie nie daarin geslaag het om die lys te maak nie,” het ’n ingeligte bron onthul.
Bewerings het ook na vore gekom dat die top-20-kandidate gades van partyamptenare insluit, sowel as individue wat vir minder as ’n jaar ’n IPC-lid is – ondanks die grondwet wat lidmaatskap van minstens twee jaar vereis.
In Augustus verlede jaar het lede hul kommer uitgespreek oor onbevoegde kandidate wat deelneem, maar hulle is verseker dat ’n keuringsproses die kwessie sal uitsorteer.
Daar is egter bewerings dat daardie kandidate nooit verwyder is nie en toegelaat is om saam met jarelange lede mee te ding.
ITULA REGEER
By navraag vir kommentaar het Itula NMH en die gegriefde lede na die IPC en Namibiese grondwette verwys.
“Kandidaatkeuring gaan die verkiesingsproses vooraf, en artikel 11.12 is ondergeskik aan Artikel 77(3) en Bylae 4(4) van die Namibiese Kieswet, sowel as Artikels 1, 2 en 17 van die Namibiese Grondwet,” het hy gesê.
Hy het verder bevraagteken of die klaers vrywillig aan die keuringsproses op alle vlakke deelgeneem het – tak, kiesafdeling, streek en nasionaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie