IPC se parlementêre kopseer
Wie is die amptelike opposisie se leier?
Die afwesigheid van Panduleni Itula se naam op die parlementêre lys spruit uit die IPC se sentiment dat dubbele kandidatuur nie in Namibië se politieke bedeling toegelaat moet word nie.
Die Independent Patriots for Change (IPC) kan administratiewe en leierskapkopsere in die gesig staar indien hulle nie die rol van sy president, Panduleni Itula, en dié van sy partyleier in die Nasionale Vergadering (NV) duidelik omskryf nie, wat die titel van leier van die amptelike opposisie sal dra.
Itula, saam met visepresident, Trevino Forbes, en nasionale algemene sekretaris, Christine Aochamus, is nie deel van die party se NV-lys nie.
Dit nadat partylede ’n breë konsensus bereik het dat hulle op die bestuur van die party moet fokus.
Die afwesigheid van Itula se naam op die lys spruit uit die IPC se sentiment dat dubbele kandidatuur nie in Namibië se politieke bedeling toegelaat moet word nie.
Itula het as kandidaat in die presidensiële verkiesing gestaan, waar hy tweede gekom het na Swapo se kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah.
Met Itula wat nie in die NV is nie, moet nog gesien word of Michael Mwashindange wat die eerste posisie op die party se parlementêre lys beklee, die Popular Democratic Movement (PDM) se McHenry Venaani as die leier van die amptelike opposisieparty gaan opvolg.
Die leier van die amptelike opposisie is volgens wet geregtig om ’n amptelike voertuig met ’n toegewysde bestuurder, kantoorruimte en -personeel te ontvang.
Die ampsdraer geniet ook verskeie parlementêre en staatsvoordele en voorregte. Dit sluit in om die eerste keuse te kry om vrae te vra en die president te betrek tydens die staatsrede, sowel as amptelike erkenning en ’n spreekbeurt by verskeie amptelike staatsgeleenthede.
Die sekretaris van die NV, Lydia Kandetu, het dit duidelik gemaak dat die amp van die leier van die amptelike opposisie slegs beklee kan word deur iemand wat ’n sittende lid van die NV is.
“Ons raak nie betrokke in die prosesse om te bepaal wie ’n parlementslid word nie. Ons hanteer slegs die lys in die Staatskoerant wat deur die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) aan ons verskaf is.
“Dié amp is net vir iemand wat behoorlik as lid van die NV ingesweer is,” het sy Woensdag aan Network Media Hub (NMH) gesê.
MENING
Die regeringskenner dr. Marius Kudumo sê die IPC kan administratiewe kwessies in die gesig staar as die toekenning van pligte nie goed gedoen word nie.
“In terme van protokol, hoe gaan daardie persoon by nasionale geleenthede aangespreek word siende dat hy of sy die partyleier in die parlement is, maar nie die oorhoofse partyleier nie?” het hy gevra.
Kudumo het verder gesê die party se besluit om nie sy grootkoppe na die parlement te stuur nie “kan ’n beperkende faktor wees”.
“Ons verstaan nie hoekom hulle hierdie stelsel het nie, maar dit sal beslis beperkings bring in terme van besluitneming omdat die leier in die parlement moontlik nie die party se standpunt so goed soos die president, visepresident en die sekretaris-generaal sal oordra nie.
“Dit kan ook so wees dat hulle altyd gedwing sal word om toestemming van hul meerderes te kry.
“In terme van die parlement benodig jy stabiliteit en gesag en dat die kommunikasiekanale uitgesorteer is. Andersins gaan daar ’n situasie wees waar alles om ’n individu draai en in terme van volhoubaarheid voorspel dit niks goeds nie.”
Kritici het gewaarsku om nie topfigure na die parlement te stuur nie tot nadeel van die party sal wees, terwyl ander ook die gehalte van kandidate bevraagteken wat die party kan bied. Nie een van die 96 kandidate het al ooit in die parlement gedien nie.
Die IPC se visepresident het gesê die party is nie spyt oor sy besluit om sy topdrie-kandidate van sy parlementêre lys uit te laat nie “omdat ons volle vertroue in ons kandidate het”.
“Ons het volle vertroue in ons kandidate en ons weet hulle is in staat om hul mandaat uit te voer. Ek kan met vertroue sê dat ons op geen manier aan hulle twyfel nie,” het Forbes aan NMH gesê.
Hy het ook die party se standpunt herhaal dat die verkiesing “nie vry en regverdig was nie”.
“Ons het nog ’n lang pad om te gaan, maar ons almal weet die proses was gebrekkig,” het sy gesê.
Die politieke ontleder Rui Tyitende sê die mate waarin die IPC-wetmakers toegelaat sal word om onafhanklik in die NV te funksioneer, sal die vlak van hul impak bepaal.
“Dr. Itula het hierdie arrogansie van mag waar hy altyd sy partylede van ’n afstand wil beheer. Nie lank terug nie het hy die IPC-raadslede weerhou om raadsvergaderings van die Windhoek-munisipaliteit by te woon,” het Tyitende gesê.
“Hierdie tipe optrede voorspel niks goeds vir ons demokrasie nie. Ons het wetmakers nodig wat onafhanklik kan dink,” het hy gesê.
#NamibiaDecides2024
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie