IPC skors nog ’n raadslid
Botha meen raad het misgetas
'n IPC-raadslid is vir een maand geskors nadat sy glo die raad se gedragskode oortree het, maar sy beweer die skorsing is polities gemotiveerd en oorweeg om die besluit in die hoërhof te hersien.
Die Independent Patriots for Change (IPC) se plaaslike owerheidsraadslid van Otjiwarongo, me. Fearika Botha, is vir ’n maand geskors om omdat sy na bewering die raad se gedragskode oortree het.
Botha, wat gedurende September 2021 ingesweer is, mag van 14 April tot 13 Mei geen raads- en bestuursvergaderings bywoon nie.
Die 32-jarige tandarts het glo versuim om haar belang as mede-eienaar van Cheval Stables CC, ’n perdekamp buite Otjiwarongo, te verklaar.
Volgens haar het sy egter geen sakebelange aan die raad verswyg nie en is die bewering teen haar ongegrond.
“Die raad was te alle tye duidelik ingelig oor my historiese verhouding met die betrokke sake-entiteit. Dit was duidelik uit die notules en optekening van die vergaderings van die raad.
“My sakeverhouding met die entiteit het in 2019 geëindig en ek het geen verdere verbintenis met die entiteit nie,” het sy gesê.
‘POLITIES GEMOTIVEERD’
Die werklike probleem, voeg Botha by, lê in die feit dat die raad nie die onderskeid tussen ’n botsing van belange en blote belange tref nie.
“Die eienskappe van ’n botsing van belange – soos finansiële gewin deur die betrokke persoon, of die benutting van jou posisie binne die liggaam vir persoonlike gewin of bevordering – bestaan nie in hierdie geval nie. Die raad het versuim om dit te erken, ondanks al die bewyse,” het sy gesê.
Volgens haar is geen redes verstrek oor hoekom sy skuldig bevind is nie. “Ek is bloot ingelig die raad het teen my beslis.”
Botha voeg by sy oorweeg dit om die besluit vir hersiening in die hoërhof te laat toets.
“Die besluit deur die raad was – met respek en na my mening – polities gemotiveerd. Die skuldigbevinding deur die raad is verkeerdelik; geen geregtigheid het geskied nie.”
Intussen het mnr. Gotlieb Shivute, burgemeester van Otjiwarongo, gesê die besluit is met omsigtigheid geneem en die raad sou haar nie op grondelose feite geskors het nie en dat sy die plaaslike owerheidskode oortree het.
Die voorsitter van die bestuurskomitee wat die mosie na die raad gebring het, mnr. Godhardt Hoko, het gesê dit was ’n onafhanklike raadsbesluit, aangesien beide hy en Botha tydens die besluitneming versoek is om die vertrek te verlaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie