Itula voorspel slegs 29% vir Swapo

Mariud Ngula
Met kiesersregistrasie wat vandeesweek oraloor die land begin het, voorspel die leier van die Independent Patriots for Change (IPC), dr. Panduleni Itula, dat sy party in November met ’n volstrekte meerderheid sal wen, terwyl die regerende party se stemme tot sowat 29% sal tuimel.

Hy het Maandag dié opmerking gemaak nadat hy in Katutura as kieser geregistreer het.

“Ek sal nie verbaas wees as Swapo net 29% van die stemme kry nie, met die res wat aan ander partye gaan. Ons sal ’n nuwe regering vorm.

“Ons sal verseker dat die IPC-kabinet Namibiërs van meriete uitmaak, ongeag hul politieke affiliasie, solank hulle die Namibiese mense dien.”

Itula het in 2019 as ’n onafhanklike presidentskandidaat gestaan ​​en het 29% gekry vergeleke met die 56% wat die Swapo-kandidaat, wyle Hage Geingob, behaal het. Nadat hy kort daarna uit Swapo geskop is, het Itula en eendersdenkende mense die IPC gestig wat veral tydens die 2020 streek- en plaaslike owerheidsverkiesings gewild in die Erongostreek was.

Die party het ook goed gevaar in Windhoek, waar hy vier setels in die stadsraad gekry het, terwyl Swapo vyf ingepalm het.

Swapo se woordvoerder, Hilma Nicanor, het gesê hoewel daar ooglopende uitdagings in die land is, bly Swapo daartoe verbind om sy oorheersing in die komende verkiesing te behou.

“Swapo, jy kan my woord daarvoor vat, twyfel nie oor die volgende verkiesing nie. Ons sal seker maak dat ons die voordele van ons rewolusie verdedig,” het sy opgemerk.

STRATEGIE

Vir die 2024-verkiesing het die IPC glo die dienste van Shikamo Political Advisory and Campaign Services aangewend.

Dit is dieselfde firma wat beweer dat hy die Lesotho-sakeman Sam Matekane in 2022 tot die posisie van eerste minister laat bevorder het. Die maatskappy verskaf vaardighede en kundigheid aan partye en kandidate oor hoe om ’n wenveldtog te voer.

Die firma het na bewering in Desember ’n betaling van N$100 000 ontvang vir sy werk met die IPC.

Hierdie onthullings het Swapo-tegnokrate gefrustreer wat voel die party se voorverkiesingsveldtogte word swak bestuur en het ’n gebrek aan strategie. Daar is spesifiek verwys na die veldtog van die kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, en sy word aangemoedig om meer besonderhede van haar plan vir Namibië in haar veldtogmateriaal in te sluit.

REGISTREER

Itula het verder beklemtoon dat die reg om te stem en om leiers en politieke partye te kies ’n fundamentele verantwoordelikheid vir almal is.

“Ons moet die opofferings eer wat gemaak is tydens die weerstand teen die Duitsers en die stryd vir ons land se bevryding vanaf die 1960’s. Om dit te doen, moet ons registreer om te stem en aan verkiesings deel te neem.

“Die toekoms is blink, en ek doen ’n beroep op jong Namibiërs om te stem en by te dra tot ’n toekoms waarop hulle trots kan wees.”

President Nangolo Mbumba het Maandag as ’n kieser in Olympia geregistreer. Hy het gepraat oor die belangrikheid van demokrasie en het Suid-Afrikaners bedank dat hulle ’n voorbeeld vir ander Afrikalande is deur verlede week op ’n vreedsame wyse te stem.

Mbumba het gesê Namibiese burgers moet Suid-Afrika se voorbeeld volg en in vrede en eenheid stem.

Hy het bygevoeg dat burgers die “eienaars” van die land is en hulle besluit die lot van die persoon wat die amp beklee deur hulle óf te herkies óf uit hul amp te gooi.

“Terwyl hulle [burgers] die regte geniet wat in die

Grondwet vervat is, moet hulle onthou dat die verkiesings nie kom om die land te vernietig nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!