Kabinetskommeling in SA: Ingenieur lei oorlog teen kragkrisis
Dr. Kgosientsho Ramokgopa is soos verwag Maandagaand aangewys as die minister van elektrisiteit in pres. Cyril Ramaphosa se omvattende kabinetskommeling.
Ramaphosa het ook ontslae geraak van een van sy grootste teenstanders, Lindiwe Sisulu. Patricia de Lille word in haar plek aangestel as die nuwe minister van toerisme.
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, ook een van Ramaphosa se uitgesproke teenstanders, is haar pos as minister van samewerkende regering en tradisionele sake kwyt en beklee nou die portefeulje van minister van vroue, jeug en mense met gestremdhede in die presidensie.
Ander ministers wat nie weer die paal gehaal het nie, is Nathi Mthethwa, minister van kuns, sport en kultuur, en Maite Nkoana-Mashabane, minister van vroue, jeug en mense met gestremdhede in die presidensie.
Bheki Cele bly minister van polisie. Pravin Gordhan (minister van openbare ondernemings) en Gwede Manthashe (minister van minerale bronne en energie) behou hul poste.
Paul Mashatile, adjunkpresident van die ANC, is soos verwag aangewys as adjunkpresident in die plek van David Mabuza, wat bedank het.
Cyril Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa toe hy Maandagaand die skuiwe en aanstellings in sy kabinet aangekondig het. Foto: Verskaf/GCIS
Die ander veranderinge is:
• Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie;
• Maropene Ramokgopa, die ANC se tweede adjunk-sekretaris-generaal, is die minister in die presidensie vir beplanning, monitering en evaluering;
• Mondli Gungubele, wat skuif van minister in die presidensie na minister van kommunikasie en digitale tegnologie;
• Thembi Nkadimeng, wat by Dlamini-Zuma oorneem as minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede;
• Noxolo Kiviet, minister van staatsdiens en administrasie;
• Sihle Zikalala, minister van openbare werke en infrastruktuur;
• Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur; en
• Sindisiwe Chikunga, wat Fikile Mbalula as minister van vervoer vervang.
Verskeie adjunkministers is ook aangewys.
• Nomasonto Motaung en Kenneth Morolong, adjunkministers in die presidensie;
• Sisisi Tolashe, adjunkminister van vroue, jeug en mense met gestremdhede in die presidensie;
• Pinky Kekana, adjunkminister belas met beplanning, monitering en evaluering;
• Daar sal voortaan twee adjunkministers vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede wees: Parks Tau en Zolile Burns-Ncamashe;
• Daar is ook twee adjunkministers aangewys vir water en sanitasie: David Mahlobo en Judith Tshabalala;
• Bernice Swarts, adjunkminister van openbare werke;
• Dipuo Peters, adjunkminister van kleinsake-ontwikkeling;
• Obed Bapela, adjunkminister van openbare ondernemings; en
• Lisa Mangcu, adjunkminister van vervoer.
Ramaphosa sê Ramokgopa sal in sy pos as minister van elektrisiteit aanbly vir solank dit nodig is om die energiekrisis tot ’n einde te bring.
Sekere magte sal aan hom oorgedra word soos om te besluit watter kritieke instansies word, waar tegnies moontlik, van beurtkrag vrygestel.
Hy moet ook toesien dat instandhoudingswerk by kragstasies vinniger en meer doeltreffend gedoen word.
Dié jong minister van 48 jaar oud is ’n siviele ingenieur en het indruk gemaak as hoof van infrastruktuur in die presidensie.
“Die mense wil aksie en oplossings van die regering sien,” sê Ramaphosa. “Hulle wil sien dat die regering vir hulle werk.”
Hy sê daar is nie so baie veranderinge aan die kabinet aangebring nie omdat dit weer ná aanstaande jaar se verkiesing geskommel moet word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie