Katolieke biskoppe moedig vreedsame verkiesings aan
Die Namibiese Katolieke Biskoppekonferensie (NCBC) het ’n brief aan sy kerkleiers gestuur om hulle aan te moedig om nie net hul kerke as stemlokale aan te bied nie, maar ook om gemeentelede aan te moedig om in die komende nasionale verkiesings te stem.
Die NCBC het ook aan gelowiges gesê dat dit hul verantwoordelikheid is om te stem, gegewe hul grondwetlike regte en vryhede.
“Die NCBC doen dus ’n beroep op alle Namibiërs om die inherente waardigheid van elke persoon wat na die beeld en gelykenis van God geskape is tydens die politieke veldtogte en verkiesings te respekteer en om vrede, versoening en eenheid in beide uitdrukking en optrede te bevorder,” lui die NCBC se brief, wat onder andere deur aartsbiskop Liborius Ndumbukuti en biskop Willem Christiaans onderteken is.
“Ons doen verder ’n beroep op alle Namibiërs en inwoners in Namibië om elke persoon met respek, en as ’n broer of suster, en as ’n kind van God te behandel ongeag ras, kleur, etniese herkoms, geslag, godsdiens, geloof en maatskaplike of ekonomiese status,” lui die brief.
Die NCBC voer aan dat politieke partye wat aan die verkiesings deelneem na vore moet kom met lewensvatbare oplossings en hul deel moet doen om vreedsame verkiesings in Namibië moontlik te maak.
“Ons doen ’n beroep op politieke partye om sigbare stappe te doen en om ’n omgewing van demokratiese, vreedsame, vrye en regverdige verkiesings te skep.”
Hulle het ook 'n beroep op politieke partye gedoen om nie geweld of haatspraak, onverdraagsaamheid, intimidasie of teistering aan te moedig nie.
“Dit is noodsaaklik dat alle politieke partye die persoonlike besluite van die burgers moet respekteer en hulle nie intimideer of dwing of manipuleer om teen hul wil en gewete te stem nie.”
Namibiërs kan nog tot 1 Augustus registreer om te stem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie