VERKIESING
VERKIESING

Kieserregistrasie goed op dreef

Kristien Kruger
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het onlangs voorlopige statistieke van die algemene registrasie van kiesers vir die tydperk 3 tot 15 Junie vrygestel.

Altesaam 366 036 Namibiërs het as kiesers geregistreer, beide binne die land en as deel van sendings in die buiteland.

“Dié syfer verteenwoordig ’n gemiddeld van 29 918 geregistreerde kiesers per dag gedurende die tydperk van 10 tot 15 Junie,” lui ’n verklaring van die ECN.

Die registrasieproses sal tot 1 Augustus duur.

“Die ECN doen ’n beroep op alle Namibiese burgers, wat kwalifiseer om te stem en nog nie geregistreer het nie, om dit so gou moontlik te doen.”

Registrasiepunte is landswyd opgerig en die meeste is oop vanaf Maandag tot Saterdag tussen 08:00 en 19:00.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!