No Image Caption

Kiesersregistrasie begin vandag

Altesaam 567 registrasiespanne ontplooi
Die ECN is in die proses om 'n nuwe kieslys te skep, dus moet alle Namibiërs wat stemgeregtig is, herregistreer.
Brigitte Weidlich
Die registrasie van stemgeregtigde kiesers begin vandag.

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) beplan om 1,7 miljoen kiesers teen 1 Augustus te registreer, wanneer die registrasietydperk verstryk.

Die ECN is in die proses om ’n nuwe kieslys te skep, dus moet alle Namibiërs wat stemgeregtig is, herregistreer. Die lys word elke tien jaar hernu en die ou kieserskaarte verval.

Volgens die ECN moet kiesers registreer in die kiesafdelings waar hulle woon. Altesaam 4 297 registrasiepunte is in al 14 streke, 121 kiesafdelings en 35 Namibiese diplomatieke missies in die buiteland gevestig. Sowat 567 registrasiespanne sal ontplooi word.

WAAR OM TE REGISTREER

Die individuele registrasiepunte is op die Verkiesingskommissie se webtuiste by www.ecn.na beskikbaar of in NMH se ChatBot.

Stoor eenvoudig die nommer +264 85 785 6231 in jou selfoon en stuur ’n WhatsApp #verkiesings na dié nommer. Volg dan eenvoudig die ChatBot se instruksies.

Om te registreer, moet jy óf jou geldige Namibiese paspoort óf identiteitskaart (ID) toon. Enigiemand wat buite Namibië gebore is, moet ook bewys lewer dat hulle ’n Namibiese burger is.

Jy kan ook jou Namibiese geboortesertifikaat en onlangse Namibiese bestuurslisensie toon. Slegs oorspronklike dokumente is aanvaarbaar vir identifikasiedoeleindes; afskrifte van dokumente sal nie aanvaar word nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A #N/A #N/A