Kooper was kampvegter in stryd om reparasies
Nama-gemeenskap versoek om geskille te vermy
Eerwaarde Francis Kooper, die wyle hoofman se broer, het gesê hy was 'n ikoon en 'n dapper leier wat nie bang was vir 'n uitdaging nie.
Wyle hoofman Petrus Kooper van die Kai-//Khaun-gemeenskap is gisteroggend in sy tuisdorp Hoachanas begrawe.
Hy is gedenk as ’n beginselvaste man wat nooit teruggedeins het terwyl hy geveg het vir geregtigheid van die Nama-mense wat tydens die Nama- en Ovaherero-volksmoord van 1904-‘08 verplaas en van hul waardigheid gestroop is deur die destydse Duitse Ryk nie.
Eerwaarde Francis Kooper, die wyle hoofman se broer, het gesê hy was ’n ikoon en ’n dapper leier wat nie bang was vir ’n uitdaging nie, en gesê sy nagedagtenis moet geëer word deur die stryd vir herstellende geregtigheid voort te sit en na die volgende vlak te neem.
“Jy het ‘n groot leemte gelaat en diegene wat oorbly om die fakkel oor te neem, verstaan dat dit nie oor ons gaan nie, en ons sal nie na verskonings begin soek nie, en moet asseblief nie hierheen (begrafnis) kom om jou standpunte te kom verdedig nie. Die regering moet ons hoofmanne erken, hulle is ons leiers al kan hulle nie Engels praat nie,” het Kooper beklemtoon.
Hoofman Paul Swartbooi van die Bondelswart-gemeenskap in Suid-Afrika, wat vir Kooper se begrafnis na Namibië gereis het, het gesê die ontslape hoofman was ‘n man van sy woord wat gesê het wat hy dink sonder om doekies om te draai, maar ook ‘n uitstekende sin vir humor gehad het.
“Hy was ‘n interessante persoon en sy belangrikste nalatenskap sal sy stryd vir die volksmoordslagoffers wees. Ek hoop regtig hierdie stryd sal nou met sy heengaan vervaag. Hierdie volksmoord het ‘n direkte impak op ons gehad, ook ons wat in Suid-Afrika en Botswana gebore is omdat ons grootouers gedwing is om uit hul moederland te vlug,” het Swartbooi gesê.
Intussen het mnr. Salmon April, goewerneur van die Hardapstreek, diegene veroordeel wat ‘n demper op Kooper se begrafnis- en gedenkdienste geplaas het deur politieke agendas te probeer bevorder, asook Nama-leiers wat sommige Nama tradisionele owerhede ondermyn het.
Me. Natalia ||Goagoses, adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling – waaronder tradisionele owerhede val - het die gemeenskap aangemoedig om ter wille van kontinuïteit sover as moontlik ‘n opvolggeskil te vermy.
“Dit is jammer dat ons geen ander keuse het as om hierdie saak gedurende ‘n tyd van rou onder u aandag te bring nie, want ons het uit ondervinding geleer sodra ‘n hoofman sterf, is tradisionele gemeenskappe geneig om faksies te skep oor wie die ontslape hoof moet opvolg, in teenstelling met die gewoontereg,” het sy gesê.
Intussen het professor Mutjinde Katjiua, opperhoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) wie se hoofmanskap betwis word, gesê die Ovaherero-gemeenskap sal in solidariteit met die Namas staan in die stryd vir herstellende geregtigheid.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie