LPM arrests
LPM arrests

Korrupsie op Karasburg ondersoek

Henriette Lamprecht
Jemima Beukes – Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het verskeie lede, insluitend die burgemeester van die Karasburg-dorpsraad, vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem.

Die dorpsraad word deur die Landless People’s Movement (LPM) gelei.

Die ACC se woordvoerder, Josefina Nghituwamata, sê die arrestasies is tydens ’n “operasie” gemaak en die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

“Ek bevestig die inhegtenisname van drie lede van die Karasburg-dorpsraad – twee raadslede en een werknemer – in verband met ’n beweerde voorval van korrupsie wat deur die ACC ondersoek word. Ons kan nie meer besonderhede oor die arrestasies verskaf nie,” het sy gesê.

Dit volg midde bewerings van die LPM dat die arrestasies deel is van ’n breër heksejag teen hulle en dit terwyl ander beweerde korrupte rade skynbaar onaangeraak bly.

In ’n verklaring het die LPM ’n aanval op die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, geloods en gesê hy gebruik die ACC om die party te boelie.

“Hierdie klagtes wat onwettige aanstellings en die wysiging van handtekeninge by die bank insluit, is pogings van ’n heksejag en bangmaaktaktiek. Dit is op die beste ’n administratiewe kwessie wat totaal uit verband geruk is toe die raad ’n portefeulje opgeskort en die waarnemende beampte toegang daartoe nodig gehad het. Dis ’n administratiewe kwessie waarvoor die ACC nie nodig is nie,” lui die verklaring.

Die LPM se woordvoerder, Lifalazi Simataa, het Swapo ook daarvan beskuldig dat die party sy “morele kompas” lukraak gebruik en korrupsie in ander rade soos Karibib en Ongwediva ignoreer.

“Wanneer daar duidelike korrupte en voortgesette aktiwiteite deur Swapo-raadslede is, is daar nie eers ’n geskrewe waarskuwing wat aan hulle uitgereik word nie.

“Wanneer daar egter ’n administratiewe kwessie in Karasburg is, probeer Utoni nie eens om sy vooroordeel en diskriminerende mening weg te steek nie en gooi alles in die LPM-dorpsraad se rigting,” het hy gesê.

Die LPM wou ook weet waarom die ACC stil was toe N$10 miljoen na bewering by dieselfde dorpsraad onder sy vorige leierskap verdwyn het. Die party het beklemtoon dit het reeds ’n regspan saamgestel om die kwessie te takel.

“Die ACC het gewys hulle is Swapo se skoothondjies. Toe die voormalige uitvoerende hoof van Karasburg geïmpliseer is in die verdwyning van N$10 miljoen, het dieselfde skoothonde gesê dit is ’n kwessie wat intern opgelos moet word,” het Simataa gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!