Laaste eer betoon aan Hage
Ontslape staatshoof ter ruste gelê
Sewentien presidente het onder andere wyle president Hage Geingob se begrafnis Sondag bygewoon.
“Ek is vandag ’n baie trotse Namibiër. Trots omdat die seun wat onder ’n boom by ’n veepos in Grootfontein gebore is, vandag erken en deur die hele wêreld geliefd is en hy verdien dit,” het Monica Geingos, die voormalige eerste dame tydens die gedenkdiens van wyle president Hage Geingob by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek gesê.
Hy is op 4 Februarie 2024 omstreeks 00:04 in die Lady Pohamba Private Hospitaal aan kanker dood.
’n Begrafnisstoet het Vrydag 46 kilometer vanaf Staatshuis deur Windhoek, Khomasdal en Katutura gery vir mense om hul laaste eer aan Geingob te betoon.
Duisende mense het langs die roete gestaan en gesing en met die verbyry het talle mense in trane uitgebars en mekaar getroos. In Klein Windhoek het mense blomme in die straat gegooi. Dié blomme is later opgetel en onder ’n foto van die president geplaas.
Die stoet het by Casa Rosalia – sy private woning net buite Windhoek – vir ’n paar uur verwyl vir die familie om afskeid te neem. Daarna is sy oorskot na die parlementstuine geneem waar hy die nag in staatsie gelê het. Mense kon hom by die oop kis vir die laaste keer groet. Menige mense het na die tuine gestroom om afskeid van hom te neem ten spyte van die reën.
Saterdag is Geingob se oorskot na die Onafhanklikheidstadion geneem waar nie net duisende gewone Namibiërs die verrigtinge bygewoon het nie, maar ook presidente, koninklikes en diplomate van oraloor die wêreld. Sewentien presidente en vier voormalige presidente was ook teenwoordig.
Geingos, die weduwee van wyle president Geingob, het in haar toespraak gesê dat Hage geliefd was en dat hy lief gehad het.
“Hy was geliefd en die aantal boodskappe van medelye van oraloor die wêreld is ’n bewys daarvan. Die aantal hooggeplaastes, insluitend die presidente wat teenwoordig is, spreek boekdele van sy vermoë om ’n indruk te maak. Hy het maklik kontak met mense gemaak en mense van alle vlakke van die samelewing het met hom vereenselwig.”
“Hage, die internasionalis, die pan-Afrikaner, die Namibiër, die gesinsman, die trotse vader vir baie, die vreugdevolle gewer, die man wat van die Namibiese huis gepraat het. ’n Huis waar ons almal in dieselfde rigting beweeg. Terwyl ons oor Hage gerou het, het ons alles geword wat hy wou hê ons moet wees; verenig, wetsgehoorsaam en mense wat in dieselfde rigting beweeg.”
“Hy was daartoe verbind om ’n inklusiewe, verenigde Namibië te bou wat aan sy potensiaal voldoen. Hy wou ’n land hê waar kulture geïntegreer word en daar nie stamgebondenheid is nie, soos die omgewing waarin hy grootgeword het.”
“Die dokters het ons op 16 Januarie 2024 ingelig dat hy kanker het. Die volgende dag het ons ons eerste onkologie-afspraak gehad en op die 18de het hy ’n mediaverklaring uitgereik. Het hy geweet hoeveel tyd hy nog oorhet? Nee, hy het nie en sy afsterwe was heeltemal onverwags. Hy was gretig om af te tree; ons het so baie planne gehad.
“Sy heengaan is ’n herinnering om gereed te wees. Sy dood het ons bymekaargebring, maak nie saak wat ons verskille vooraf was nie. Ons liefde, ons gedeelde liefde vir hierdie land, het ons deur sy dood bymekaargebring,” het Geingos gesê.
“Hage het my in die voorste ry van die beproewing van kanker geplaas. Al die dokters met wie ek gewerk het, is bekommerd oor die toename in kankergevalle in Namibië en oor die wêreld. Hulle het ook gesê hulle is bly oor die mans wat vir ’n siftingsproses kom ná die president se aankondiging dat hy kanker het.”
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) voorspel ’n toename van 77% in kankergevalle teen 2050. Kankersorg, veral die ontoereikendheid wat dit definieer, moet ’n prioriteitsfokus wees, want dit sal beslis vir my wees,” het sy afgesluit.
Die kis is Sondagoggend vanaf die stadion na die Helderakker net buite Windhoek geneem vir die begrafnis.
Hier het duisende Namibiërs bymekaargekom om hul laaste eer aan wyle Geingob te betoon.
Terwyl die kis in die grond gesak het, is 21 kanonskote afgevuur en het sewe straalvliegtuie oorgevlieg. Die skare het sy gunstelingliedere gesing. – [email protected]
GRYS BLOK
KONINKLIKES
Verenigde Koninkryk – Prinses Anne
PRESIDENTE
Angola – João Manuel Gonçalves Lourenço
Botswana – Mokgweetsi Masisi
Burundi – Generaal Évariste Ndayishimiye
Demokratiese Republiek die Kongo – Félix-Antoine Tshisekedi Tshilombo
Ethiopië – Sahle-Work Zewde
Finland – Sauli Niinistö
Duitsland – Frank-Walter Steinmeier
Ghana – Nana Addo Akufo-Addo
Kenia – William Samoei Ruto
Katar – Shaik Thani
Malawi – Lazarus McCarthy Chakwera
Mosambiek – Filipe Jacinto Nyusi
Sierra Leone – Julius Maada Bio
Suid-Afrika – Cyril Ramaphosa
Tanzanië – Samia Suluhu Hassan
Zambië – Hakainde Hichilema
Zimbabwe – Emmerson Mnangagwa
VOORMALIGE PRESIDENTE
Liberië – Ellen Johnson Sirleaf
Nigerië – Olusegun Obasanjo
Suid-Afrika – Tabo Mbeki
Tanzanië – Jakaya Mrisho Kikwete
ANDER
Kuba – Estaban Lazo Hernádez; president van die staatsraad in die nasionale vergadering
Eswatini – Thulisile Dladla; eerste minister
São Tomé and Principe – Patrice Emery Trovoada; eerste minister en hoof van die regering
Afrikaanse Unie-kommissie – Moussa Faki Mahamat; voorsitter

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie