Laaste eerbetoon vir Geingob
Frank Steffen – Namibië is tans besig met voorbereidings vir wyle president Hage Geingob se gedenk- sowel as sy begrafnisdiens gedurende die volgende drie dae.
’n Prosessie word vandag in Windhoek gehou om Namibiërs die kans te gun om hul laaste eer aan Geingob te toon. Dit sal omstreeks 12:00 vanaf Staatshuis vertrek op pad na David Hosea Merorostraat via Jan Jonkerstraat, van waar dit Hendrik Witbooi-rylaan sal volg tot by Moses //Garoebstraat en na Winnie Madikizela Mandelaweg met Onafhanklikheidslaan af tot by Sam Nujoma-rylaan.
Die prosessie sal ongeveer 12:35 by die Soweto-mark en Katutura Shoprite stop, en daarna aanbeweeg na die sirkel by die brandweer in Onafhanklikheidsrylaan op pad na die middestad.
Verby die Avani Hotel sal die optog weer in Sam Nujoma-rylaan indraai en die pad verby St Paul’s College volg tot by Geingob se huis, Casa Rosalia. Omstreeks 15:35 sal die prosessie regmaak om na die parlementstuine te vertrek, waar hy vanaf 16:30 in staatsie sal lê.
Network Television (NTV), die internetkanaal wat op oneuptwo.com of op DStv-kanaal 285 en GOtv-kanaal 25 gekyk kan word, dek Saterdag vanaf 14:00 die amptelike gedenkdiens by die Onafhanklikheidstadion – hekke open om 10:00.
Die verrigtinge sal waarskynlik tot vroegaand voortduur en kamera’s sal deur die nag op die kis gerig word, terwyl die Namibiese weermag waak sal hou.
Sondagoggend sal die kis vanaf die Onafhanklikheidstadion na die Heldeakker suid van Windhoek geneem word.
Namibia Media Holdings (NMH) se koerante en NTV sal ook Geingob – wat tot ’n nasionale held verklaar is – se begrafnis dek.
Die amptelike verrigtinge begin om 10:00 en sal waarskynlik tot middagete voortduur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie