LGBTQIA-wetsontwerpe voorgelê
Konsepwetgewing teen gay huwelike
Die voormalige minister van binnelandse sake word as 'n held beskou.
Brigitte Weidlich – Die Nasionale Vergadering (NV) het Dinsdag twee wetsontwerpe aanvaar wat selfdegeslaghuwelike verbied en slegs huwelike tussen ’n man en vrou erken.
Swapo-parlementariërs en ’n paar opposisielede het hande geklap toe die Speaker, Peter Katjavivi, die derde en laaste voorlesing aangekondig het.
Twee wetsontwerpe is binne dae in die parlement ter tafel gelê.
Dit terwyl ander wetsontwerpe al jare vir bespreking aan die parlement voorgelê is.
Beide die wetsontwerpe wat verlede week deur die voormalige minister van binnelandse sake, Jerry Ekandjo, voorgelê is, is gekant teen LGBTQIA-huwelike. Die Swapo-banke het “Jerry, Jerry, Jerry. . .” gedreunsing ter viering van Ekandjo se pogings.
’n Parlementariër van die Popular Democratic Movement (PDM), Vipuia Muharukua, het Ekandjo ’n held genoem.
Dit is nou amptelik, kragtens die nuut deurgedrukte wet wat die woord “eggenoot” definieer, dat slegs ’n verhouding en huwelik tussen ’n man en ’n vrou erken sal word. Nou moet dié nuut gedefinieerde term verander word in alle wette waar die woord voorkom.
Ook Ekandjo se voorgestelde wysigings aan die huwelikswet is sonder teenstand aanvaar.
Ekandjo het ’n stap verder gegaan en ’n sin voorgestel om in die wet opgeneem te word.
“Verhoudings tussen ’n man en ’n vrou word slegs erken as die man en vrou elkeen geneties as sodanig gebore word,” het Ekandjo bygevoeg.
“Enigiets anders soos geslagveranderinge sal beteken die persoon is geneties aangepas,” het hy onder toejuiging van sy partykamerade verklaar.
Net Inna Hengari van die PDM het gesê die paragrawe wat die seremonies van selfdegeslaghuwelike ’n strafbare oortreding maak, sal die vryheid van uitdrukking beperk. Dié mosie is nie toegestaan nie.
Die voltrekking van so ’n seremonie of die bevordering daarvan sal strafbaar wees met óf ’n boete van N$100 000 óf ses jaar tronkstraf.
Toe Ekandjo verlede week die twee konsepwette voorgelê het, het die minister van landbou, water en grondhervorming en Swapo-lid, Calle Schlettwein, gesê die konsepdefinisie van die term eggenoot kan ernstige grondwetlike gevolge hê.
“Ek kan dus nie die konsep in hierdie vorm ondersteun nie,” het Schlettwein gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie