READY TO SERVE: Fenny Tutjavi is destined for the National Assembly.
READY TO SERVE: Fenny Tutjavi is destined for the National Assembly.

Lof vir Swapo se jeug ná kieskollege

Parlementêre lys gister bekend gemaak
Indien Swapo meer as 29 setels tydens die komende verkiesing verower, sal 'n 22-jarige student van die Universiteit van Namibië die party se jongste parlementslid wees.
Mathias Haufiku
Dit was ’n vreugdevolle oomblik vir jongmense binne Swapo-geledere toe talle van hulle gister ’n plek op die party se parlementêre lys losgeslaan het.

Terwyl baie van die party se ou garde met geboë hoofde uit die lokaal gestap het, het Swapo se jeug in sang en dans losgebars nadat die uitslae van Swapo se kieskollege aangekondig is.

Dit blyk dat die party se jonger lede gehoor gegee het aan wyle president Hage Geingob se raad in 2019 toe hy hulle aangemoedig het om op te hou huil vir posisies in die party en eerder hulself aan bewind te begin stem.

Indien Swapo meer as 29 setels tydens die komende verkiesing verower, sal ’n 22-jarige student van die Universiteit van Namibië (Unam) die party se jongste parlementslid wees.

Fenny Tutjavi is een van Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, se tien aangesteldes. Ephraim Nekongo, die sekretaris van die Swapo Jeugliga (SPYL), vorm ook deel van die presidensiële aanstellings.

Hoewel Tutjavi nederig was oor haar aanstelling, is sy vol vertroue dat die jonger lede die potensiaal het om tot die nasionale dialoog by te dra.

“Dit is ’n oorweldigende oomblik vir my en ek bly nederig hieroor. Dit is ’n eer wat ek deur my hele lewe sal dra en hopelik kan ek as ’n inspirasie vir ander dien,” het sy gesê.

Tutjavi het gesê die behoefte vir jongmense om meer by die land se sake betrokke te raak, is besig om te groei en daarom het “ons ’n groter omvang van verteenwoordiging nodig om by die jeugbevolking te pas”.

“Baie van die huidige leiers is op ’n baie jong ouderdom aangestel, wat wys dat die party platforms geskep het waar jongmense kan floreer en uitblink,” het sy gesê.

SPYL se leier, Willem Amutenya, het ook ’n plek in die boonste helfte van die partylys verseker wat hom in ’n voordelige posisie geplaas het om volgende jaar in die Nasionale Vergadering ingesluit te word.

Met die jeug wat oor die jare gesukkel het om in die party se topgeledere opgeneem te word, het Amutenya dié keer gesê: “Ons het verenig in die kieskollege ingegaan”.

Die streekgoewerneur vir die Otjozondjupastreek, James Uerikua, het ook goed tydens die party se kieskollege gevaar.

“As jy kyk na die jeugsegment en die feit dat die jeug 71% van die bevolking uitmaak, is dit belangrik dat partye saam met die veranderinge in die land ontwikkel. Die afgevaardigdes demonstreer die wense en aspirasies van die massas wat nie deel van hierdie proses was nie,” het hy gesê.

Uerikua meen dat Swapo in ’n voortdurende proses is om te verbeter en om vernuwing en kontinuïteit te bevorder.

Die Swapo-musiekgroep Ndilimani Cultural Troupe se hoofsanger Castro Iileni is nog ’n jeugdige kandidaat wat die lys gehaal het.

“Ek is bly dat die jeug dit gemaak het. Dit wys dat die jeug die toekoms is. Ons ma [Netumbo Nandi-Ndaitwah] het al herhaaldelik gesê sy glo in die jeug. Sy weet ook dat ons te lank gehuil het, daarom moet ons ’n kans gegun word,” het hy gesê.

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, het die vierde plek op die vrouelys losgeslaan.

Die goewerneur van die Kunenestreek, Marius Sheya, Erongo se goewerneur, Neville Andre, die Nasionale Jeugraad se uitvoerende voorsitter, Sharonice Busch, het ook tot die top-60 deurgedring.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna | Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 20° | 41° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 16° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 13° | 31° Gobabis: 13° | 33° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:51, High tide: 07:54, Low Tide: 02:00, High tide: 20:24 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:52, Low Tide: 02:00, High tide: 20:22 Walvis Bay: 11° | 18° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Rehoboth: 10° | 32° Mariental: 12° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 11° | 31° Lüderitz: 11° | 24° Ariamsvlei: 13° | 29° Oranjemund: 9° | 17° Luanda: 20° | 21° Gaborone: 18° | 34° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 15° | 35° Maseru: 9° | 22° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 37° Windhoek: 13° | 31° Cape Town: 11° | 13° Durban: 18° | 24° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 22° | 36° Harare: 18° | 32° Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.99 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.22 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1647.13 | USD to ZAR 17.58 | USD to ZMW 26.49 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 569.59/OZ DOWN -0.0055 | Copper US$ 4.26/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 940.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 73.97/BBP UP +0.97% | Platinum US$ 983.31/OZ UP +0.01% Sport results: Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna | Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley Weather: Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 20° | 41° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 16° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 13° | 31° Gobabis: 13° | 33° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:51, High tide: 07:54, Low Tide: 02:00, High tide: 20:24 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:52, Low Tide: 02:00, High tide: 20:22 Walvis Bay: 11° | 18° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Rehoboth: 10° | 32° Mariental: 12° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 11° | 31° Lüderitz: 11° | 24° Ariamsvlei: 13° | 29° Oranjemund: 9° | 17° Luanda: 20° | 21° Gaborone: 18° | 34° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 15° | 35° Maseru: 9° | 22° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 37° Windhoek: 13° | 31° Cape Town: 11° | 13° Durban: 18° | 24° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 22° | 36° Harare: 18° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.99 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.22 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1647.13 | USD to ZAR 17.58 | USD to ZMW 26.49 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 569.59/OZ DOWN -0.0055 | Copper US$ 4.26/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 940.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 73.97/BBP UP +0.97% | Platinum US$ 983.31/OZ UP +0.01%