Swapo must regain
Swapo must regain

Loop die ekstra myl, vra Shaningwa

Swapo wil tweederdemeerderheid terugwen
'n Kombinasie van onderprestasie en korrupsie het die party vermoedelik in 2019 gepootjie.
Yandi Du Plessis
Jemima Beukes - Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, het ‘n beroep op partybeamptes gedoen om die ekstra myl te loop om te verseker dat so veel mense as moontlik vir die voormalige bevrydingsbeweging stem.

Dit in 'n desperate poging om die party se tweederdemeerderheid terug te wen wat hy in die laaste algemene verkiesing verloor het.

Swapo het 65,45% van die stemme in die Nasionale Vergadering-verkiesing van 2019 gekry en in die proses sy tweederdemeerderheid verloor. In die presidensiële verkiesing het die party 56% verwerf – ’n skerp daling vanaf die 87% wat sy kandidaat en Namibië se huidige president, Hage Geingob, in 2014 ontvang het.

Swapo het ook 80% van die stemme in 2014 verwerf, die hoogste verkiesingsyfer in die geskiedenis.

’n Kombinasie van onderprestasie en korrupsie, veral die Fishrot-skandaal, het vermoedelik in 2019 ernstige gevolge vir die party ingehou.

Shaningwa het die afgelope Saterdag op die eerste sentrale komiteevergadering van die Swapo se raad van oudstes (Spec) gepraat.

AANVALLE

Sy het gesê dit is 'n ope geheim dat voormalige bevrydingsbewegings in Suider-Afrika aangeval word, en Swapo is geen uitsondering nie – daarom moet die senior lede hul bes doen om die party se jeug te lei.

Shaningwa het bygevoeg dit is belangrik vir hulle om te verstaan dat elke stem tel en dat elke senior lid 'n belangrike stemblok is. Hulle moet dus 'n spesiale uitreikprogram ontwerp vir bejaardes wat nie deur sosiale media bereik kan word nie, het sy gesê.

"Die taak waarvoor ons party vandag te staan kom, is duidelik – om Swapo as dominante mag in die Namibiese politieke ruimte te handhaaf, om die grond wat ons in die laaste algemene verkiesing verloor het, terug te wen en om voort te gaan om die mense van Namibië te verenig," het sy gesê.

“Ek is tydens my reise aangemoedig om toe te sien dat daar 'n gevoel van optimisme onder ons mense vir Swapo is. Sommige wat weg is, kom terug en ons kry ook nuwe lede.

"Hierdie entoesiasme behoort ons egter nie selfvoldaan te maak nie, maar moet ons eerder die ekstra myl laat loop deur gehaltedienste op alle vlakke te lewer," het die sekretaris-generaal opgemerk.

DADE BO WOORDE

Shaningwa het ook gesê sy wil graag sien dat besluite wat by die kongres geneem word in werking gestel word, en het die Spec daaraan herinner dat hulle mense met entoesiasme moet kies wat bereid is om die ekstra myl te loop om die party en Namibiërs te dien.

“Dade spreek harder as woorde. Ons moet ook nie net sê ons is verenig nie, ons moet ook só gesien word en verenig optree. ’n Huis wat nie verenig is nie, kan nie staan nie.

“Ons kan nie almal eenders dink nie, want ons is nie robotte nie, maar sodra die meerderheid op ’n spesifieke kandidaat [is], dan het ons as lede van die party geen ander keuse as om saam agter daardie kandidaat te staan nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!