Phala phala
Phala phala

Los Hage uit, sê Kawana

‘Hoofstuk oor aangeleentheid gesluit”
Minister Albert Kawana sê Geingob is "kwaadwillig" en "valslik" by die omstrede Phala Phala- of Farmgate-skandaal betrek.
Jemima Beukes
Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, het Donderdag die eer van president Hage Geingob heftig verdedig.

Hy het gesê Geingob is “kwaadwillig” en “valslik” by die omstrede Phala Phala- of Farmgate-skandaal betrek waarin die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, homself bevind en klagte van geldwassery, mensehandel en korrupsie in die gesig staar.

Dit nadat Namibiërs na bewering die geld wat in meubels op sy plaas versteek was, gesteel het.

Hy het ook beklemtoon niemand is op versoek of opdrag van Suid-Afrikaanse owerhede ontvoer of uit Namibië ontvoer nie, soos die Suid-Afrikaanse media beweer.

“Ek wil dit duidelik maak dat die wette van Namibië nie die wette van Suid-Afrika is nie en omgekeerd. Ons president is valslik en kwaadwillig van aandadigheid aan die sogenaamde ontvoering van mnr. David Immanuel van Namibië na Suid-Afrika beskuldig.”

Kawana wat tans aan die hoof van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne staan, het gesê dit is 'n leuen dat een van die verdagtes David Immanuel met die volle medewete van Geingob ontvoer is en dat sulke bewerings eerder “lasterlik, kwaadwillig en polities gemotiveerd” is.

Hy het benadruk dat politieke opposisiepartye en die publiek se eise om Geingob weens dié skandaal te herroep, "wensdenkery" is, aangesien die president nie herroep kan word nie omdat die mense hom verkies het.

Die Namibiese Grondwet stipuleer dat die president slegs uit sy amp verwyder kan word indien ’n tweederdemeerderheid van die Nasionale Vergadering (NV), bevestig deur 'n tweederdemeerderheid van die Nasionale Raad, 'n resolusie aanvaar om die president in ’n staat van beskuldiging te plaas.

“Die president is onskuldig en sy naam is skoon, volgens die omvattende reaksie van die presidensie. Die Namibiese polisie is onskuldig en hul naam is skoon, volgens hul omvattende reaksie. Daarom is die hoofstuk oor hierdie aangeleentheid gesluit.”

Intussen is daar 'n toutrekkery tussen die Namibiese owerhede wat sê daar is geen rekord van die versoeke vir inligting van die Namibiese polisie nie, maar die Namibiese owerhede, insluitend lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het dit ontken.

“Hulle moet die Namibiese ministerie van justisie amptelik vra om die bewys te lewer, want ek is seker ons het gedoen wat ons in die openbaar gekommunikeer het,” het Ndeitunga gesê.

Mnr. Idipo Simon, woordvoerder van dié ministerie, het gesê hy sal daarop reageer, maar teen druktyd Donderdag het hy nog nie sy belofte nagekom nie.

“Hierdie saak gryp ons aan en ons sal op 'n gepaste tyd ’n mediaverklaring met die nuutste inligting uitreik. Ons vertrou op u vriendelike toegeeflikheid,” het hy gesê.

Intussen het bronne binne die ministerie van justisie bevestig dat die ministerie reeds in 2020 verskeie versoeke aan die Suid-Afrikaanse owerhede gestuur het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!