LPM beskuldig Namdeb van binnehandel
Ogone Tlhage - Die leier van die Landless People’s Movement (LPM), Bernadus Swartbooi, het die Namdeb Diamond Corporation van binnehandel beskuldig.
Volgens hom koop voormalige bestuurders van die maatskappy verouderde bates – wat steeds die potensiaal het om aansienlik tot die ekonomie by te dra – vir ’n appel en ’n ei.
Swartbooi het die bewerings verlede week tydens ’n mediakonferensie gemaak en die maatskappy daarvan beskuldig dat hy belangrike inligting weerhou waarvan die regering – as sy meerderheidsaandeelhouer – kennis moet dra.
“Die mafiamodus om myne te sluit en te verkoop is twyfelagtig. Dit word met die toestemming van die aandeelhouer verkoop, dit word aan voormalige kollegas verkoop en die hele ding word ’n private onderneming. Hierdie maatskappye het geen vereistes dat hulle ’n staatsmaatskappy moet hê nie, so daar is groothandel en privatisering van die mynbousektor onder leiding van die Namibiese staat en De Beers [Namdeb se moedermaatskappy],” het hy gesê.
Shangelao Ndadi, die woordvoerder van Namdeb, het gesê daar steek geen waarheid in Swartbooi se aantygings nie en gesê die maatskappy is ’n verantwoordelike korporatiewe entiteit.
“Die vervreemding van Namdeb-bates word beheer deur beleide en prosedures wat versagting bied teen enige vooroordele wat deel kan vorm van die verkoop van enige maatskappybates deur middel van tenders en veilings.
“Enige wegdoening wat verband hou met mineraleregte sal ’n proses volg via die ministerie van myne en energie as die reguleerder,” het sy gesê.
VRAE
Swartbooi het bevraagteken hoekom Namdeb se verouderde mynbates teen ’n goedkoop prys verkoop is, maar dan skielik nuwe lewe onder nuwe operateurs kry.
Hy wou ook weet hoekom die maatskappy dit doen terwyl hy die regering vra om hom teen sy belastingverpligtinge te beskerm.
“Wat [maak] dit nie ekonomies vir die maatskappy om daar te myn nie? Maak dit sin vir ander om [daar] te myn? So, hulle verkoop, hulle maak dit toe; hulle verkoop dit goedkoop aan mense wat binne-inligting het. Dan hou hulle aan om vir die regering te sê dat ons nie mynlewensvatbaarheid het nie, tensy jy afstand doen van belastingtantième,” het Swartbooi gesê.
Namdeb, volgens die politikus, moet belê in toerusting wat hom in staat sal stel om sy mynbedrywighede uit te brei, pleks daarvan om belastingverligtings te soek.
“As hierdie maatskappy so ernstig is, hoekom kry hulle nie dieselfde toerusting as wat Debmarine het en myn in elk geval in die see nie? En as hulle vir ons sê baie van die hulpbronne is in die see, hoekom moet die Sperrgebiet gesluit word? Vir wat?”
WEERHOU INLIGTING
Swartbooi het die diamantmaatskappy ook daarvan beskuldig dat hy inligting oor die ontdekking van ander minerale weerhou het.
“Daar word vir ons gesê blykbaar het hulle dalk ander ertse, litium en ander goed, ontdek wat hulle daar hou. Dis wat vir ons vertel word, want hulle beheer al die tegniese werk.
“Dit blyk weggesteek te word dat daar litium en ander goeie minerale is. Sodat die myne môre, afgesien van diamantontginning, dalk nou ook toegang tot twee of drie ander minerale het,” het hy beweer.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie