LPM seëvier in Aroab

Labuschagne wil op ontwikkeling fokus
Die wenkandidaat het gesê die oorwinning sal die LPM toelaat om hard te werk om die gemeenskap op te hef.
Yandi Du Plessis
Jemima Beukes - Die Landless People’s Movement (LPM) se kandidaat Willem Labuschagne – wat Maandagaand die Keetmanshoop landelike kiesafdeling se tussenverkiesing gewen het – het gesê sy missie sal deur die party voorgeskryf word, maar het bygevoeg hy sal hoofsaaklik op ontwikkeling fokus.

LPM-ondersteuners het reeds deur Aroab gery en in die hoofstraat gedans nog voordat die stemproses begin het.

Labuschagne het Dinsdag in die vroeë oggendure aan die media gesê hy is regtig trots dat LPM so goed gevaar het, en bygevoeg dit sal hulle in staat stel om hard te werk om seker te maak dat hulle die gemeenskap ophef.

“Om die mense te help met vooruitgang en om hulle stabiliteit te gee. Dit gaan nie oor die bou van pawiljoene nie, maar oor ekonomiese groei en om seker te maak dat die inwoners ’n inkomste het, selfonderhoudend en stabiel is. Dan val alles in plek.

“Ek het voorstelle oor wat gedoen kan word, maar uiteindelik besluit die party,” het hy gesê.

GROND ’N PRIORITEIT

Labuschagne het met 1 270 stemme gewen, gevolg deur Swapo se Elias Kharuxas met 872 en die onafhanklike kandidaat Gerrit Witbooi met 463 stemme.

Die Popular Democratic Movement (PDM) het 275 stemme ontvang, terwyl die Independent Patriots for Change (IPC) slegs 32 gekry het.

Altesaam 2 912 stembriewe is ingevul, waarvan 16 verwerp is. Die telling- en sorteringsproses, wat by die Aroab-kiesafdelingskantoor plaasgevind het, het Dinsdagoggend omstreeks 03:00 geëindig.

Voor die uitslae bekend gemaak is, het Labuschagne aan joernaliste gesê grond sal vir hom ’n prioriteit wees.

“Grond moet toeganklik gemaak word. Daar is baie grond wat beskikbaar gestel kan word om seker te maak almal het ’n stuk grond. As jy nie grondeienaarskap het nie, kan jy nie bou nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!