LPM vergader met Geingob ‘vir mense se onthalwe’
Party verwerp huidige hervestigingsbeleid
Die LPM-leier sê hulle siening oor die regering en Geingob het nie verander nie, maar hulle het besluit om politiek opsy te skuif om Namibiërs se welvaart en welstand te prioritiseer.
Topamptenare in die Landless People's Movement (LPM) het gister ‘n hoflikheidsbesoek aan president Hage Geingob afgelê.
Die besoek het ten doel gehad om gemene gronde te vind vir samewerking in die volksmoord- en grondkwessies, en om hul steun te beloof vir 'n groenwaterstof-projek wat in die suide van die land beoog word.
Volgens ‘n dokument van 20 bladsye wat by die vergadering voorgelê is, verwerp die LPM die huidige hervestigingsbeleid, wat volgens hulle ‘n front skep vir inheemse gemeenskappe om toegang tot grond te verkry. Hulle het bygevoeg die ministerie van landbou, water en grondhervorming en die Ombudsman se kantoor het “absoluut niks” gedoen om die “voortgesette elite-besetting van grond” teen te werk nie.
Die partyleier, mnr. Bernadus Swartbooi, het ná die private gespreksessie met die media gepraat en gesê hulle siening oor die Swapo-regering en Geingob het nie verander nie, maar hulle het besluit om politiek opsy te skuif om Namibiërs se welvaart en welstand te prioritiseer.
Die afvaardiging het die dokument getiteld “Building a Capable State Post-Covid-19” aan Geingob oorhandig, wat beleggingsgeleenthede, moontlikhede in streke onder die LPM se leiding en kritieke ontwikkelingskwessies uiteensit.
Swartbooi het vir Geingob gesê die agteruitgang van die Namibiese ekonomie is ’n werklikheid en sou dit ineenstort, staar die land ongekende sosioëkonomiese en politieke onrus en onstabiliteit in die gesig.
“Een kernles vir hierdie regering – met ’n rekord van 30 jaar van swak ekonomiese bestuur – is dat jy in die goeie tye moet spaar sodat jy jou spaargeld in slegte tye kan gebruik, om volhoubaar te wees. Dis gesonde verstand vir enige huishouding en moet toegepas word op ‘n klein ekonomie soos Namibië.”
LANDBOU IS DIE ANTWOORD
Die LPM wil ook hê die regering moet die landboubedryf diversifiseer en moderniseer, en het bygevoeg N$5 miljard moet jaarliks in die sektor belê word.
Verder moet die ministerie van grondhervorming grond aan die ||Kharasstreekraad beskikbaar stel om beleggingsgeleenthede en mede-eienaarskap te skep, het die party gesê.
Swartbooi en kie wil ook hê die regering moet besproeiingsgrond koop en -skemas langs die Neckartaldam begin, en sê Namib Mills het reeds belangstelling in die dam getoon.
“Algehele inklusiwiteit in die nasionale ontwikkelingsplanne en Visie 2030 moet bewerkstellig word vir openbare-privaat vennootskappe sodat relevante individue en instansies die slaggate van die Nautedam kan vermy. Die Nautedam het misluk. Die Hardapdam-model, gelei deur private beleggers, is ‘n baie meer omsigtige beleidskombinasie en ons stel voor die Neckartaldam moet beperkte openbare-privaat vennootskappe volg en ‘n vryemark ondernemingsgeleide benadering toelaat,” het Swartbooi gesê.
Die LPM wil ook hê die regering moet toegang tot ‘n bykomende 1 000 hektaar grond by die Hardapdamskema verkry om die vloedbesproeiingsmodel na drupbesproeiing te verander, wat meer water sal bespaar en besproeiing op die terrein sal uitbrei.
SKRYF SKULD AF
Die party het ook ’n dringende jaarlikse belegging van N$50 miljoen voorgestel om ontwikkeling by Aussenkehr te bespoedig, insluitend die ontwikkeling van ordentlike behuising vir werkers wat tans in riethuise woon.
Hulle wil ook hê die regering moet die water- en elektrisiteitskuld afskryf wat plaaslike owerhede in Hardap en ||Kharas lamlê om sodoende munisipaliteite en dorpsrade in staat te stel om hul pligte doeltreffend uit te voer en dienste te lewer.
Swartbooi het Geingob ook meegedeel dat grondloosheid en elite-grondgrypery op ‘n ongekende skaal voortduur, en bygevoeg dis duidelik dat grondhervormingspogings nie tasbare resultate opgelewer het nie en steeds op begunstiging gegrond word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie