Maande sonder inkomste, ‘gebrekkige’ kieswet blameer

Nikanor Nangolo
Die kieswet is onlangs gekritiseer veral omdat staatsamptenare vir ’n tydperk van vier maande nie salarisse mag ontvang nie.

Die sekretaris-generaal van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), Josef Kauandenge, het dié kritiek gelewer en bygevoeg hy het die ontberinge voorspel wat deur die wysiging van die kieswet van 2024 veroorsaak is.

Sommige staatsamptenare weier om uit hul poste te bedank op grond daarvan dat die verkiesingsuitslag onseker bly tot hofgeskille in verband daarmee afgehandel is.

Die sekretaris van die kabinet, George Simaata, het egter opdrag gegee dat staatsamptenare – wat parlementêre setels verseker het, maar versuim het om te bedank soos deur die wet vereis word – hul salarisse wat hulle sedert Desember verdien het, moet terugbetaal.

In ’n brief wat op 16 Januarie uitgereik is, is die uitvoerende direkteure en streekhoofde ook opdrag gegee om die wet af te dwing.

Dié opdrag kom nadat Network Media Hub (NMH) verlede week berig het dat sommige aangewese amptenare steeds aan hul staatsposte vasklou.

Lede van die Independent Patriots for Change (IPC) wat in hul poste aanbly, het gesê hulle doen dit omdat hul party die wettigheid van die November-verkiesing in die hof betwis.

Die IPC se woordvoerder wat by die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie werk, Immanuel Nashinge, en die Ohangwena-gebaseerde onderwyser Abed (Bishop) Hishoono, het albei teruggekeer werk toe en beweer die verkiesing se uitslag is nie finaal tot die howe uitspraak oor die kwessie lewer nie.

“As die hofsaak in Augustus gefinaliseer word, is dit sinneloos om nou te bedank. Die saak moet eers besleg word,” het Nashinge gesê.

Hishoono het soortgelyke sentimente gedeel en die gebrek aan duidelikheid oor betwiste verkiesings in die kieswet gekritiseer.

Die status van die Zambezi-onderwyser Ruth Maseke, een van Swapo se visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah se benoemdes, bly onduidelik.



WYSIGING

Volgens Kauandenge het hy verlede jaar ’n mosie ter tafel gelê om die onregverdigheid wat staatsamptenare in die gesig staar, te takel.

Hy het versoek dat die vereiste om te bedank eers moet geld nadat hy in die parlement ingesweer is.

“Destyds is staatsamptenare, lede van streekrade en plaaslike owerhede gedwing om onmiddellik te bedank nadat hulle vir die parlementêre lys benoem is.

“Ek het dit self ervaar toe ek die Windhoekse stadsraad in 2019 verlaat het. Dit is onregverdig om ná jou benoeming te bedank, net om die risiko te loop om werkloos gelaat te word as jy nie ’n setel kry nie,” het hy gesê.

Terwyl sy mosie om die wet te wysig goedgekeur is, het Kauandenge aangevoer dat die gevolglike bepalings een probleem met ’n ander vervang.

“Die wysiging vereis dat genomineerdes moet bedank sodra verkiesingsuitslae bekend gemaak word, wat hulle maande lank werkloos laat voor hulle ingesweer word.

“Ek het voorgestel hulle bedank net ’n maand voor hulle ingesweer word. Ongelukkig het Swapo se tweederdemeerderheid die wysigings verwerp en hierdie bekommernisse geïgnoreer.”

Kauandenge het beklemtoon dat politieke partye die reg behou om hul parlementêre lyste ná die verkiesing aan te pas, wat genomineerdes onseker laat oor hul posisies.

“Hierdie wysiging het swaarkry veroorsaak, veral vir staatsamptenare. Sommige het reeds in Desember bedank en staar nou maande sonder ’n inkomste in die gesig omdat die parlement se salarisse eers in Maart verwerk word. Ek het hierteen gewaarsku, maar hulle het nie geluister nie.”



ANDER REEDS BEDANK

Daarteenoor het Swapo-lede, insluitend Elijah Ngurare, Willem Amutenya en Sharonice Busch, uit hul staatsdiensposte bedank om aan die wet te voldoen.

Ngurare en Amutenya het die “ongelykheid” gekritiseer en opgemerk dat hulle die wet nagekom het terwyl ander in diens gebly en salarisse hangende die hofuitslae verdien het.

Terwyl sommige ministeries betalings aan werknemers gestaak het, wag ander ministeries soos die ministeries van inligting en kommunikasietegnologie en die ministerie van onderwys kuns en kultuur op verdere leiding.

Die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, het gesê hy sal Nashinge se saak aanpak nadat hy van verlof teruggekeer het.



RASIONAAL

Die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah het die rasionaal agter die wet erken en gesê dit voorkom botsing van belange en verseker dat staatsamptenare nie dubbele staatsrolle beklee nie.

Hy het egter die regverdigheid daarvan in die konteks van betwiste verkiesings bevraagteken.

“As ’n hof later die uitslae omkeer, kan geraakte individue onnodig hul werk verloor.

“Die regering kan ’n tydelike verlofstelsel oorweeg wat aangewese amptenare toelaat om hul poste te behou totdat dispute opgelos is,” het Kamwanyah gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29605.12 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 708.82/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.32/lb DOWN -0.0021 | Zinc US$ 2 939.30/T DOWN -0.63% | Brent Crude Oil US$ 80.50/BBP DOWN -0.0089 | Platinum US$ 950.68/OZ UP +0.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29605.12 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 708.82/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.32/lb DOWN -0.0021 | Zinc US$ 2 939.30/T DOWN -0.63% | Brent Crude Oil US$ 80.50/BBP DOWN -0.0089 | Platinum US$ 950.68/OZ UP +0.16%