Mbumba sing sy swanesang
’n Leier tydens ’n jaar van verlies
Die president het 'n beroep op wetgewers gedoen om ekonomiese vryheid na te streef en maatskaplike euwels soos rassisme, stamgebondenheid, verdeeldheid en korrupsie hok te slaan.
President Nangolo Mbumba, wat onder buitengewone omstandighede leierskap aanvaar het, het emosioneel afskeid geneem van beide die kabinet en die parlement met sy termyn van 13 maande as staatshoof wat vandag ten einde loop.
Mbumba het Namibiërs aangemoedig om toegewyd te bly tot eenheid en voorspoed terwyl hulle die stryd teen maatskaplike euwels voortsit.
Hy word wyd erken daarvoor dat hy die nasie deur ’n tydperk van rou gelei het tydens sy ampstermyn ná die heengaan van wyle president Hage Geingob in Februarie verlede jaar, asook sy mentor, Namibië se stigterspresident, Sam Nujoma, op 8 Februarie vanjaar.
Mbumba het in sy afskeidstoespraak aan die sewende Nasionale Vergadering en kabinet die plig van toekomstige wetgewers beklemtoon om die beginsels wat in Namibië se Grondwet vervat is, te handhaaf.
“Ek moedig huidige en toekomstige parlementslede aan om hierdie kamer as ’n platform te gebruik om die ideale van eenheid, vryheid, gelykheid en geregtigheid soos verskans in ons Grondwet, te bevorder,” het Mbumba gesê.
Hy het ’n beroep op wetgewers gedoen om ekonomiese vryheid na te streef en maatskaplike euwels soos rassisme, stamgebondenheid, verdeeldheid en korrupsie hok te slaan.
VOLGENDE HOOFSTUK
Mbumba sal vandag amptelik uittree en die presidentskap aan die land se aangewese en eerste vrouepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, oorhandig.
Mbumba het gesê hy sien uit daarna om af te tree en by oudpresident Hifikepunye Pohamba aan te sluit: “Ek sien uit daarna om by die persoon en leier aan te sluit wat ek die meeste bewonder het, president Hifikepunye Pohamba. Ons het baie om in te haal.”
Mbumba het tydens sy laaste kabinetsvergadering sy innige dankbaarheid teenoor sy ministers uitgespreek vir hul ondersteuning deur sy ampstermyn.
“Ondanks die oorweldigende uitdagings wat ons die afgelope maande in die gesig gestaar het, het ons daarop gefokus om die regering se ontwikkelingsagenda te bevorder en die lewensgehalte vir Namibiërs te verbeter,” het hy gesê.
Hy het sleutelkabinetbesluite uitgelig wat daarop gemik is om ekonomiese groei, werkskepping en armoede-uitwissing te bevorder, met erkenning van die suksesvolle implementering van hierdie beleide.
EKONOMIESE VOORUITSIGTE
Mbumba het bevestig dat Namibië se ekonomiese vooruitsigte positief bly, met verwysing na die ontdekking van olie en gas, asook die vordering in groenwaterstofontwikkeling.
“Die ekonomiese vooruitsigte bly belowend met nuwe ontdekkings van olie, gas en minerale hulpbronne, tesame met die ywerige bevordering van groen nywerheidsontwikkeling en die blou ekonomie,” het hy gesê.
Die president het bygevoeg dat pogings om beleggings te lok en ekonomiese groei te bevorder, Namibië geposisioneer het vir ’n nuwe era van welvaart.
“Terwyl ons ekonomie aanhou herstel van die gevolge van Covid-19, kan ons uitsien na die transformerende potensiaal van groen waterstof en olie- en gasontdekkings.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie