'Minibussies moenie snags ry'
Moegheid ’n bydraende faktor
Die PDM doen 'n ernstige beroep op die lynministerie om strenger regulasies in te stel wat spesifiek minibussies teiken.
Die Popular Democratic Movement (PDM) het gevra dat minibussies soos Toyota Quantums en Ivecos tussen 20:00 en 05:00 op Namibiese paaie verbied word.
Volgens die party sal dit verseker dat bestuurders genoeg rus kry en sodoende die moontlikheid van ongelukke weens moegheid verminder.
Die voorstel kom in reaksie op nog ’n tragiese ongeluk vandeesweek op die land se paaie waar ’n Intercape-bus en ’n minibus tussen Otavi en Otjiwarongo in ’n botsing betrokke was. Die ongeluk het die lewens van twee vroue geëis.
In ’n verklaring het die party gesê die ongeluk beklemtoon die dringende behoefte aan optrede.
“Dit is lankal tyd dat ons, as ’n land, beslissend optree om te verhoed dat sulke tragiese ongelukke voortgaan om te gebeur.
“Die PDM doen ’n ernstige beroep op die lynministerie om strenger regulasies in te stel wat spesifiek minibussies soos Ivecos en Quantums teiken,” het Hidipo Hamata, die woordvoerder van die party, in ’n verklaring gesê.
Tussen Januarie en Augustus vanjaar het Namibië 1 720 ongelukke, 3 153 beserings en 237 sterftes aangeteken. Dit is nie duidelik watter tipe voertuie by die ongelukke betrokke was en op watter tyd van die dag dit plaasgevind het nie.
Die PDM stel die implementering van verskeie regulasies voor om veiligheid op die land se paaie te verhoog. Dit sluit in die beperking van die aantal ure wat minibusbestuurders aaneenlopend mag ry.
Volgens die party sal dit verpligte rusperiodes en ook die monitering en toepassing daarvan afdwing deur die gebruik van tagograwe en gereelde inspeksies. ’n Tagograaf is ’n toestel wat op ’n voertuig aangebring word en outomaties die spoed, afstand en die duur van die rit aanteken.
“In Namibië is padongelukke ’n beduidende kwessie. In Namibië het die land in 2023 ’n totaal van 2 553 ongelukke aangeteken wat tot 4 508 beserings en 357 sterftes gelei het.
“Vanaf 1 tot 28 Januarie vanjaar alleen was daar 158 ongelukke wat tot 335 beserings en 29 sterftes gelei het. Hierdie skokkende statistiek beklemtoon die dringende behoefte aan doeltreffende maatreëls om padveiligheid te verbeter,” het die party gesê.
“Moegheid is ’n wesenlike faktor in padongelukke, veral onder minibusbestuurders wat dikwels tot uiterstes moet gaan om by hul veeleisende skedules te hou.
“Talle ongelukke vind snags en in die vroeë oggendure plaas wanneer bestuurders heel waarskynlik moeg is.
“Die beperking van hul werksure sal help om hierdie tipe moegheid te voorkom wat tot noodlottige foute op ons paaie lei,” aldus die verklaring.
Die party het ’n beroep op die ministerie van werke en vervoer en dié van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit asook alle verwante rolspelers gedoen om die inisiatief te prioritiseer.
“Die implementering van geteikende maatreëls sal padveiligheid aansienlik verbeter, ongelukke verminder en lewens red.”
BETUIG SIMPATIE
Die PDM het verder sy simpatie betuig met die families en geliefdes van die slagoffers wat hul lewens Dinsdag in die ongeluk tussen Otjiwarongo en Otavi verloor het.
“Ons harte gaan uit na die beseerdes en ons wens julle ’n spoedige herstel toe. Ons gedagtes en gebede is by die families van die oorledenes en die beseerdes in hierdie moeilike tyd. Kom ons werk saam om ons paaie veiliger vir almal te maak,” het die party gesê.
In reaksie op Dinsdag se ongeluk het die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) ook sy simpatie betuig met almal wat hierdeur geraak is.
“Die fonds vra vir verhoogde waaksaamheid en verantwoordelike padgebruik deur al ons bestuurders,” het die fonds in ’n verklaring gesê. Die MVAF het ook gevra dat bestuurders veral in die nag meer waaksaam moet wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie