Nahas: ECN plaas klad op Swapo-oorwinning
Voormalige eerste minister bevraagteken selektiewe verlenging van stemmery
Nahas Angula, wat te midde van die chaos byna nie self kon stem nie, het vanjaar se verkiesing as die swakste in die land se geskiedenis beskryf.
Die Swapo-strydos en voormalige eerste minister, Nahas Angula, sê verlede week se nasionale verkiesing was die swakste sedert Namibië se onafhanklikwording.
Volgens Angula sal die regerende party se naderende oorwinning ernstig geskaad word deur die optrede van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) namate vrae oor die regverdigheid en wettigheid van die verkiesing steeds toeneem.
Angula (81) het gesê die verkiesing was so ongeorganiseerd dat hy amper self nie kon stem nie, selfs toe senior burgers voorkeurbehandeling by die stemlokale gekry het.
“Ek het vir diegene in die ry gesê ek is ’n ou man in my tagtigs met die hoop dat hulle my sou toelaat om nie in die ry te staan nie, maar die jeug – wat gefrustreerd was deur die lang, stadig bewegende ry, wou nie bes gee nie.
“Ek kan hul verset verstaan. Op die ou end het ek my saak bepleit en ek is toegelaat om 16:00 by die Centaurus-stempunt te stem,” het hy aan Network Media Hub (NMH) gesê.
“Dit was ’n konflik tussen generasies – die bejaardes en die jeug. In die toekoms moet die ECN dit oorweeg om ’n aparte dag vir bejaardes te gee,” het Angula gesê, wat ook ’n voormalige minister van onderwys en ook verdediging was.
Hierdie wanorde, het Angula gesê, het die uitslae beduidend beïnvloed en die regerende party, Swapo, wat as wenner uit die stryd tree, kan onder die omstandighede nie trots wees op sy oorwinning nie.
“Dit is moeilik vir Swapo om trots te wees op ’n oorwinning in ’n verkiesing soos hierdie, wat onregverdig teenoor die party is, want dit is deur die ECN se toedoen,” het hy gesê.
Opposisiepartye, onder leiding van die Independent Patriots for Change (IPC), beplan om die howe te nader – met verwysing na verskeie kwessies wat die stemproses beïnvloed het, insluitend om sekere dele van die land toe te laat om ná stemdag op 27 November voort te gaan om te stem, terwyl ander dele van die land dié reg geweier is.
Die tekort aan stembriewe by talle stemlokale asook tegniese foute aan die kant van die ECN het baie mense verder verhoed om te stem.
Dis nie duidelik watter kriteria die ECN gebruik het om streke te identifiseer waarin daar op Vrydag en Saterdag gestem is ten koste van ander nie.
Swapo het Saterdag – met behulp van sy vervoermaatskappy Namib Contract Haulage – sy ondersteuners in Rundu in die Kavango-Oosstreek per bus na Evululuko in Oshakati geneem.
Die verlengde stemmery is net in uitgesoekte gebiede van die Oshikoto-, Oshana-, Khomas- en Kunenestreek toegelaat.
“Dit was onregverdig teenoor die mense van Namibië. Dit is nie goed vir Namibië nie. Hoe herstel ons hiervan? Swapo se oorwinning sal ’n klad op hê.”
Angula het president Nangolo Mbumba se besluit bevraagteken om die stemtydperk in verkose dele van die land te verleng ten koste van ander.
“Wie het die president aangeraai om sulke diskriminerende verlengde stemmery toe te staan? Hoe hierdie gebiede gekies is, is enigiemand se raaiskoot. Die uitstel is paniekbevange gedoen en nie deurdink nie.
“Swapo het die middele om kiesers oraloor die land te vervoer, maar wat van mense soos Job Amupanda [van die Affirmative Repositioning]?
“Miskien het hy ook ’n paar kiesers in Kavango gehad, maar het hy die middele om hulle na Oshakati te vervoer soos Swapo gedoen het? Dis waar onregverdigheid inkom.”
Ná die 2019-verkiesing, waarin elektroniese stemtoestelle sonder ’n papierspoor gebruik is, het ’n hofuitdaging deur die destydse onafhanklike kandidaat dr. Panduleni Itula gelei tot ’n bevel wat die verdere gebruik van daardie toestelle verbied het.
“Ná daardie hofuitspraak moes die ECN vinnig gespring het deur bloot die vervaardiger te vra om die papierspoorfunksie te installeer. Op daardie manier sou die stemmery vanjaar baie glad verloop het,” het Angula gesê.
“Ek weet nie of ek dit wat gebeur het as sabotasie, onbevoegdheid of albei moet beskryf nie. Al hierdie probleme is deur die administrateurs by die ECN geskep.
“Verkiesingsuitslae word nie net beïnvloed deur ou knoeipraktyke soos om stembriewe te stop nie. Administrateurs kan ook verkiesingsuitslae beïnvloed wanneer hul optrede teen ander deelnemers diskrimineer.”
Die Walvisbaaise prokureur Richard Metcalfe het ook gesê die ECN het Swapo ontneem van ’n geleentheid vir ’n oorwinning wat nie bevraagteken kan word nie.
“As stemlokale oraloor die land op 29 en 30 November oopgemaak het, sou die verkiesing vry en regverdig verklaar gewees het. In die plek daarvan het die ECN ons selektiewe demokrasie gegee.
“Hierdie selektiewe reg ruik na onbevoegdheid en verval. Dit stel ook swak politieke deelnemers en verloorders in die nasionale verkiesing in staat om desperaat na ’n tweede patetiese hap van die appel te gryp waar dit blyk dat in enige vrye en regverdige verkiesing sulke politieke verworpenes sou vir nog vyf jaar regverdig en reguit na die skrootwerf van wonderlike politieke pretensie gestuur gewees het.”
“Die ECN het Swapo in werklikheid daarvan beroof om te kan sê hy het die verkiesing vry en regverdig gewen.
“Die ECN het ’n diep skaduwee oor die nasionale verkiesing gewerp. Hy is duidelik nie in staat om sy werk doeltreffend te doen nie, maak nie saak hoe hulle probeer om hul onbevoegdheid te probeer regverdig nie,” het die veteraan regspraktisyn gesê.
– NamibiaDecides2024
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie