Nalao dreig met hofsaak
Die organisasie wat amptenare van plaaslike owerhede verteenwoordig, het gedreig dat indien die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling nie die kwessie van die onwettige skorsing van administrateurs van plaaslike owerhede takel nie, hulle hul tot die howe sal wend om hul lede te beskerm.
Dit is vervat in ‘n brief van vyf bladsye gedateer 29 Maart deur die president van die Namibiese Vereniging van Plaaslike Owerheidsbeamptes (Nalao), mnr. Moses Matyayi, aan die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, waarin hy die griewe uitspreek wat deur plaaslike owerheidsamptenare geopper is, veral uitvoerende hoofde.
Dié brief kom enkele dae nadat raadslede die uitvoerende hoof van Grootfontein, mnr. Kisco Sinvula, geskors het nadat ’n regsfirma aangestel is om dienste aan die raad te verskaf.
New Era het egter vandeesweek berig dat die lynministerie die raad se aanbeveling om Sinvula te skors, verwerp het. Daarom voer Matyayi aan dat die ligsinnige skorsing van uitvoerende hoofde by plaaslike owerhede in Namibië ‘n norm geword het, iets wat daartoe lei dat hierdie individue loopbaan- en reputasieskade ly.
“Ons bekommernisse bly geldig en ons sien steeds ‘n deurdringende neiging van onprosedurele skorsing van uitvoerende hoofde in plaaslike regerings,” het hy gesê.
“Die onverpoosde veldtog om uitvoerende hoofde te frustreer, te intimideer en te viktimiseer met onwettige skorsing, skend die openbare beeld van die betrokke plaaslike owerheid sowel as die beeld van die lynministerie as die bewaarder en toesighouer van plaaslike owerhede.”
Matyayi het ook gesê die kwessie van skorsing van uitvoerende hoofde belas nie net die geskorste individu nie, maar die instelling self, aangesien dit moet voortgaan om salarisse aan hulle te betaal en dit bring dienslewering aan inwoners in gedrang.
“Plaaslike owerhede bestee steeds geld aan vergoeding vir geskorste personeel en diegene in waarnemende posisies. Boonop ondermyn die skorsing van strategiese professionele persone dienslewering en die implementering van kapitaalprojekte by plaaslike owerhede,” het hy gesê.
Intussen het die vereniging ook ‘n aantal voorvalle uitgewys waar uitvoerende hoofde van plaaslike owerhede geskors bly terwyl ander weer aangestel is sonder dat hulle aangekla is.
Matyayi het daarop gewys dat die wyle en voormalige uitvoerende hoof van die Stampriet-dorpsraad, mnr. Dino Kohima, wat aan Covid-19- dood is terwyl hy ’n onwettige skorsing uitgedien het.
Volgens hom is die uitvoerende hoof van die Oranjemund-dorpsraad, mnr. Shali Akwaanyenga, sedert 25 Junie 2021 geskors. Dit ten spyte daarvan dat die lynministerie aanbeveel het dat die skorsing gelig moet word aangesien geen klagtes teen Akwaanyenga gelê is nie.
Die uitvoerende hoof van die Keetmanshoop se munisipaliteit, mnr. Desmond Basson, is op 3 Mei 2021 onregmatig op administratiewe verlof geplaas en later weer aangestel, maar tot op hede is geen bevindinge met die uitvoerende lid gedeel en/of redes vir sy skorsing verskaf nie.
Nog skorsings sluit die uitvoerende hoof van die Oniipa-dorpsraad, mnr. Junias Jakob, die Walvisbaaise munisipaliteit se finansiële bestuurder, mnr. Muronga Haingura, en voormalige adjunk- uitvoerende hoof van Tsumeb, me. Karolina Damaseb, en ander senior beamptes in.
Dit is op hierdie grondslag dat Matyayi ‘n beroep op die lynministerie gedoen het om aandag aan die situasie te gee, anders sal Nalao geen ander keuse hê as om die howe te nader nie.
“Om eerlik en reguit te wees oor ons lot as administrateurs, voel ons uitgelaat en miskien kan ons tot die gevolgtrekking kom dat ons beslis op ons eie is en self teen sulke korporatiewe euwels moet veg,” het Matyayi gesê.
“Soveel as wat ons die ingrypings waardeer wat ons ministerie doen – het dit nou tyd geword vir die ministerie om standpunt in te neem om die situasie prakties binne die konteks van sy wetgewende oorsigmandaat te takel. Anders sit ons met geen keuse as om regstoevlug te neem en namens ons lede die hooggeregshowe te nader vir herstellende geregtigheid. ‘n Situasie wat duur vir die werknemer is en wat daartoe kan lei dat hierdie koste na die dorpsrade sal deurvloei.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie