Sisa Namandje Foto Facebook
Sisa Namandje Foto Facebook

Namandje nie deel van Swapo-kieskollege

Talle veg vir ’n plek op die parlementêre lys
'n Aantal ander senior Swapo-lede sal ook nie hulself beskikbaar stel om vir 'n plek op dié party se parlementêre lys mee te ding nie.
Redaksie
Nuusredaksie – ’n Lid van Swapo se politburo, Sisa Namandje, is een van die hoëprofielleiers wat nie homself beskikbaar gestel het vir oorweging by die party se komende kieskollege waar diegene vir parlementêre setels en uiteindelik kabinetsposisies verkies sal word nie.

Namandje, ’n suksesvolle prokureur wat tot N$60 000 vra vir ’n enkele hofverskyning, het aan Republikein se susterkoerant Namibian Su bevestig dat hy nie beskikbaar is vir ’n setel in die parlement nie.

’n Gewone parlementslid in die Nasionale Vergadering (NV) verdien N$56 000 per maand, terwyl diegene wat gelukkig is om vir volle ministeriële poste gekies te word sowat N$91 000 per maand verdien, wat steeds ’n druppel in die emmer is vergeleke met Namandje se verdienste. Namandje hou egter vol dat geld nie 'n motivering vir sy besluit was nie.

“Ek kan bevestig dat ek nie as kandidaat by Swapo se kieskollege beskikbaar is nie. Ek is bly om voort te gaan om in Swapo-strukture te dien terwyl ek bydra tot die Namibiese regstelsel deur privaat regspraktyke,” het hy gesê.

Namandje se prokureursfirma het meer as 40 werknemers in diens en ingeligte bronne het voorgestel dat hy vrees dat sy besigheid negatief geraak sal word as hy die parlementêre werk sou aanvaar, wat uitgebreide en gereelde reise en ander daaglikse eise sou verg.

Hy het voorheen die geleentheid om in die regerings van beide presidente Hifikepunye Pohamba en Hage Geingob te dien, van die hand gewys.

Benewens Namandje, het ’n aantal ander senior figure in die regerende party, Swapo se leierskap amptelik ingelig dat hulle nie beskikbaar sal wees om vir ’n plek op die party se parlementêre lys mee te ding nie. Dit sluit in die party se koördineerder in die Oshikotostreek, Armas Amukwiyu, en sy eweknie in die Otjozondjupastreek, Imms Namaseb, wat afsonderlik aan die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, geskryf het om haar van hul onbeskikbaarheid in te lig.



VOORSMAKIE OP VOLGENDE PARLEMENT

Met die party se kieskollege net weke weg, word daar gespekuleer dat intense interne struwelinge binne die partystrukture aan die gang is.

Ongeag die uitslag, sal Swapo se kieslys na verwagting ’n voorsmakie gee op die land se volgende parlement.

Dié kieskollege is die eerste een waartydens die party sal stem vir sy parlementêre verteenwoordigers sonder ’n substantiewe president.

Die huidige topdrie-leiers, naamlik die visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, Shaningwa en die adjunk-sekretaris-generaal, Uahekua Herunga, sal outomaties boaan die lys wees, voordat twee afsonderlike lyste – een vir mans en een vir vroue – dan saamgevoeg sal word voor die finale lys van voornemende parlementslede voltooi sal word wat ’n 50/50-geslagsverteenwoordiging sal weerspieël.

Die kieskollege vind vanaf 6 tot 8 September plaas en alle sentrale komiteelede, Swapo-lede in die NV, partystrukture en affiliasies sal veg vir ’n plek op die party se parlementêre lys van 96-lede.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!