Namibiërs gretig om te stem
Nuusredaksie – Teen drieuur gistermiddag het 7 199 kiesers reeds binne Namibië gestem, terwyl 586 Namibiërs in die buiteland reeds teen tweeuur by 35 diplomatieke sendings hul kruisies getrek het.
Met 8 800 stembriewe wat aanvanklik plaaslik beskikbaar gestel is en die 2 804 kiesers wat vroeër vanjaar tydens die algemene registrasie van kiesers in die buiteland geregistreer het, kan die opkoms vir die spesiale stemmery as positief beskryf word.
“Die opkoms wat ons vandag ervaar het getuig van die feit dat ons op koers is om ’n geloofwaardige verkiesing op 27 November te lewer,” sê die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), Elsie Nghikembua.
Die ECN se bedryfsdirekteur, Zenia Klazen, meen ook dat die spesiale stemmery ’n goeie opkoms van kiesers opgelewer het.
Nghikembua het ook gesê selfs by die 33 stemlokale wat vir dié stemproses in kleiner dorpies gevestig is, was daar gister ’n goeie opkoms.
WEGGEWYS
Sommige lede van die veiligheidsmagte en seevaarders wat opgedaag het om in gister se spesiale stemmery deel te neem, kon egter na bewering nie stem nie omdat hul werkgewers glo versuim het om hul name betyds by die ECN in te dien vir verifikasie.
Die verkiesingsbeampte in die Oshanastreek, Amon-Oiva Haimbangu, het dit bevestig en gesê hulle moes talle seevaarders wegwys weens ’n gebrek aan die nodige dokumentasie.
Die stembeampte vir die stemlokaal by die Ohangwena-polisiekantoor, Frans Ndafonghoshi, het ook dieselfde sentimente gedeel en gesê sommige polisiebeamptes het ook opgedaag om te stem, maar is nie toegelaat nie aangesien hul name nie ingedien is nie.
Nghikembua het tydens ’n media-inligtingsessie in Windhoek erken dat die kiesers wat opgedaag het meer was as wat die ECN verwag het.
“Terwyl ons hierdie sterk opkoms vier, erken ons dat die groot getalle op plekke die aanvanklike aantal verwagte kiesers oorskry het.
“Ek wil die nasie verseker dat die ECN die moontlikheid van sulke scenario’s verwag het en proaktiewe maatreëls ingestel het.
“In gebiede waar die aantal kiesers die aanvanklike verwagtinge oortref het, het ons vinnig bykomende materiaal en hulpbronne van nabygeleë stemlokale ontplooi om te verseker dat elke stemgeregtigde kieser die geleentheid het om hul stemme sonder onnodige vertraging uit te bring,” het sy verseker.
STEMPROSES
Die spesiale stemdag was vir amptenare wat op die amptelike stemdag van 27 November aan diens sal wees en vir die seevaarders wat nie op daardie dag in die land sal wees nie.
Namibiërs wat in die buiteland woon moes gister ook hulle stemme by diplomatieke sendings uitbring as deel van die spesiale stemproses.
Die stemme sou na verwagting getel word nadat die negeuur-spertyd gisteraand aangebreek het en almal wat reeds in die ry gestaan ??het, klaar gestem het.
Sommige uitslae is gister reeds bekend gemaak en die res sal na verwagting vandag aangekondig word.
#NamibiaDecides2024
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie