Namibiërs onthou hul president
Ek het wakker geword met die hartseer nuus oor die verlies van ons president. Ek is nog besig om die nuus te verwerk. Al sien ek al die boodskappe, vra ek myself oor en oor af of dit waar kan wees? Ons het ’n nasionale staatsman, ’n nasionale held verloor en dit is nie iets wat ek vir enige land of enige familie of eggenoot sou wou hê nie. Maar ek het geloof in ons strukture, in ons leiers, en ek wil net almal aanmoedig om kalm te bly en die presidentsvrou te respekteer en hulle ruimte te gee. Hy was altyd kalm en goed voorberei op enige situasie. Hy het altyd ’n hoë vlak van wysheid getoon, ’n hoë vlak van professionalisme, en dit is hoe ek hom sal onthou – as daardie goed voorbereide, kalm en wyse leier. – Andreas Simon van Windhoek
WINDHOEK
was; veral in die tyd gedurende die taai Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA)-onderhandelinge met die Europese Unie (EU). Geingob was vasbeslote om die beste moontlike uitkoms vir Namibië te kry en toe die EU nie die ooreenkoms wou verander nie, het hy gesê: “Dit is nie hoe jy met vennote werk nie, ons is dalk klein maar ons is ’n soewereine staat. Julle kan nie is raadsale in Brussel sit en ons boelie nie.” Dit het internasionaal vir hoofopskrifte gesorg en dít was Hage Geingob. – Jo-Mare Booysen
Hy was ’n goeie man, maar nou is daar geen Harambee meer vir ons pensioenarisse nie. Hulle was veronderstel om ’n verhoging te kry, nou sal ons moet sien of dit dalk volgende jaar gaan gebeur. – Kahumundja
President Geingob se outentieke leierskap, veerkragtigheid en passievolle toewyding aan die mense van Namibië was ’n inspirasie vir ons almal. Sy onvermoeide pogings om groei, eenheid en voorspoed te bevorder, het ’n onuitwisbare merk op ons nasie gelaat. Ek sal vir altyd die ontelbare geleenthede koester was ek in sy teenwoordigheid kon wees en dr. Geingob se vertroue in my toe hy versoek het dat ek die direkteur van seremonies by die Dubai Expo 2020 moet wees, wat in Maart 2022 in die VAE gehou is. Ons gedagtes en gebede is met sy vrou, kinders, familie en die hele Namibiese nasie. Meneer die President, u werk op aarde is klaar, getroue dienaar. Jy het jou engelvlerke verdien. Rus sag in die boesem van ons Skepper. – Roux-ché Locke
Ek was baie emosioneel toe ek die boodskap gekry het. Hy was ’n goeie mens en leier. My innige simpatie aan die familie en sy naasbestaandes, maar hulle moet weet hy is nou in ’n goeie plek.
Ons vier sy lewe en wat hy vir die gemeenskap en die volk beteken het. My meegevoel ook aan die kabinetslede wat ’n kollega en ’n leier van die land verloor het. – Cyril van Rooi
Ek het die nuus in die sosiale media gesien en dit was ’n redelike skok. Dit was nie te lank terug toe ons president in die buiteland was en teruggekom het nie. Hy het toe siek geword en is gehospitaliseer en vanoggend is hy nie meer met ons nie. – Romeo Eiman
Hy het vir die nasie omgegee. Hy was die enigste persoon wat ek van weet wat vir die nasie omgegee het. Hy het vir die ou mense omgegee. Hy het belowe hy sal die regte ding vir hulle doen. Hy het hulle pensioen vanaf N$400 tot N$1 000 opgesit en toe weer na N$1 400. Nou wou hy dit weer opsit. Hy het regtig omgegee. – Lisias Nashilongo
Die nuus het my verpletter. Ek het die man persoonlik liefgehad en dit is ongelooflik dat hy nou nie meer met ons is nie. Ons het ’n dapper man verloor, ’n man wat ons nodig gehad het. Ek hoop alle Namibiërs bly kalm en vreedsaam. – Pastoor Imakumbili
Sy dood het my geraak omdat hy so baie vir ons gedoen het in die paar jaar wat hy die president was. Dit is regtig baie slegte nuus.
Hy het baie beloftes nog aan ons gemaak en hy het net nie die tyd gehad om dit klaar te maak nie. – David van Wyk
Ek het geslaap toe ek my ouers hoor praat het. Die raak my nie regtig nie, want ek het hom nie regtig geken nie. My lewe gaan aan. – John Kavita
WALVISBAAI
Ek het vanoggend vroeg opgestaan om ontbyt te maak en dit tv aangesit. Toe sien ek ‘n nuusflits onder op die skerm wat sê dat die president oorlede is. Ek het gehuil. Ek was so geskok dat ek eers later die hele boodskap kon lees. Hy was ‘n baie gooie leier.
Hy het die land baie opgehef en baie vir die jongmense gedoen. Hy het baie vir die land en sy mense gedoen. Die laster wat hy gesê het is dat hy die bejaardes se pensioen geld tot N$2 000 vir opsit. Dit was baie gooie nuus vir ons ou mense. – Henry de Koker
Ek kan net sy hy moet in vrede rus. Dit is normaal, dood is normaal. Vir my is dien nie ‘n skok nie want dit is normaal.
Vir my was hy net die president van die land en die land het ‘n president nodig gehad en hy was die een. Dit is wat hy vir my beteken hy was net die president. – Tandeus Martin
Ek voel dit moes nie gebeur het nie want die pensionarisse se pensioen moet nog gestyg heer en nou dat hy oorlede is sal hulle ander besigheid doen en nie die pensioen nie.
Hy was ‘n goeie president alhoewel hy altyd vir Cyril Ramaphosa sy woorde aan gevolg het.
Ek onthou nie baie van hom nie behalwe dat hy n goeie president was. – Trevor Feris
Ons is baie ongelukkig. Hy was nie ‘n goeie president nie wen die fishrot skandaal. Hy moes beter stappe gevat het en dy werkers beter gehanteer het. Mense gaan nou dink hulle gaan goeters reg kry nou dat hy nie meer hier is nie. - Alexis Himmel en Catelin Van Der Colff
Die gaan nie so goed oor die nuus nie, maar dit is wel ons almal se pad, maar voordat hy gegaan het hy iets goeds gedoen en dit was om vir die pensionarisse se pensioen op te sit sodat ons ‘n bietjie asem kan skep.
Hy was ‘n goeie president. Voor hy gegaan het het hy nog iets groot vir die ou mense gelos. - Steven Humphries
Hulle het dit in die kerk afgekondig. Voel baie seer en veral oor die familie en hulle verlies.
Hy het nou die dag nog gesê hy wil die pensioen opskuif voordat hy die stoel verlaat en nou moet ons die nuus kry.
Hy was ‘n goeie president omdat deur hom het ons so ver gekom om ‘n verhoging vir ongeskiktheidstoelaag en pensioen te kry.
Alle sterkte aan die familie en vertrou in die Here deur die moeilike tyd. - Christeline Kotze

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie