Namibië se eerste vrouepresident
Oorwinning ’n mylpaal
In 'n demokrasie is daar altyd wenners en verloorders en is daar altyd 'n volgende keer, sê president Nangolo Mbumba.
Nikanor Nangolo en Iréne-Mari van der Walt – Namibië se eerste verkose vrouepresident sal ’n helderder toekoms vir die land inlui.
President Nangolo Mbumba het sy vertroue in die leierskap van Netumbo Nandi-Ndaitwah uitgespreek en haar oorwinning as ’n mylpaal beskryf.
Nandi-Ndaitwah wat ook Swapo se visepresident is, het haar oorwinning met 638 560 stemme in verlede week se presidensiële verkiesing beklink.
Sy is gevolg deur die Independent Patriots for Change (IPC) se leier, Panduleni Itula, wat 284 186 stemme op hom verenig het.
Mbumba het gister in ’n verklaring die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) gelukgewens met die nakoming van sy grondwetlike mandaat.
Volgens hom het die ECN die uitslae van Namibië se agste presidensiële en Nasionale Vergadering (NV)-verkiesing van 27 tot 30 November suksesvol bestuur en aangekondig. Die finale uitslae is Dinsdagaand bekend gemaak.
“In 1990 het ons, die Namibiese mense, ’n reis van vryheid en sosioëkonomiese ontwikkeling onderneem. Sedertdien het ons onsself as ’n vreedsame nasie gevestig, gefokus op die versterking van ons demokrasie en die bevordering van ons ontwikkelingsdoelwitte,” het Mbumba gesê.
“Op die vooraand van die verkiesing het ek Namibiërs aan ons gesamentlike belofte tot vrede herinner en hulle aangemoedig om te stem.
“In groot getalle het jonk en oud die fel Namibiese son trotseer om hul demokratiese reg uit te oefen. “Demokrasie vereis voortdurende waaksaamheid en koestering en Namibiërs het in hul diversiteit, geduld en vasberadenheid by die stembus gewys.”
Mbumba het Namibiërs aangemoedig om hulle agter Nandi-Ndaitwah te skaar terwyl sy voorberei om op 21 Maart 2025 die presidentstoel oor te neem.
“Deur hulle stemme het Namibiërs hul demokrasie gekoester en hul deel vir nasiebou gedoen. In die dae en maande wat voorlê, moet ons almal die verkose president die nodige ondersteuning gee om haar in staat te stel om die belangrike pligte van staatshoof suksesvol uit te voer,” het Mbumba gesê.
Hy het ook die nuutverkose lede van die NV gelukgewens en hulle aangemoedig om hul wetgewende pligte met ywer aan te pak.
“As inkomende lede van die NV moedig ek julle aan om ’n voorbeeld te stel en deeglik voor te berei vir die wetgewende take wat voorlê.
“Vir sommige mag dit nie die verkiesingsuitslag wees waarop hulle gehoop het nie. In ’n demokrasie is daar egter altyd wenners en verloorders en daar is altyd ’n volgende keer.”
OPPOSISIEPARTYE
Die LPM se presidentskandidaat, Bernadus Swartbooi, het vierde geëindig met 51 160 ofte wel 4,65% stemme. Die LPM was effens gewilder as sy presidentskandidaat met 56 971 of 5,21%.
Die Popular Democratic Movement (PDM) het sy posisie as amptelike opposisie teen die IPC verloor, wat vanjaar vir die eerste keer in die NV-verkiesing gestaan het.
Die PDM se presidentskandidaat, McHenry Venaani, het steun verloor van 5,04% stemme (55 412) vergeleke met 5,32% in 2019. Steun vir die PDM het geweldig afgeneem vanaf 16,65% landswyd in 2019 vergeleke met 5,48 % vanjaar.
Die PDM se woordvoerder, Max Katjimune, het gesê dat die PDM eers kommentaar sal lewer oor die verkiesingsuitslae nadat die hof uitspraak gelewer het oor die aansoek wat die IPC gebring het met die steun van verskeie opposisiepartye, insluitend die PDM, om die verkiesing nietig te laat verklaar.
#NamibiaDecides2024
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie