No Image Caption

Nandi-Ndaitwah as Swapo-president verkies

Jemima Beukes
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is verkies as die nuwe president van Swapo en gaan Namibië se eerste vroulike president word. Sy was die visepresident van die party en is Saterdag tydens die buitengewone kongres as Swapo se eerste vroulike president verkies. Daar is ook besluit dat die posisie van visepresident van Swapo vir die volgende vyf jaar gevries sal word, berig Jemima Beukes. Die buitengewone kongres is onder buitengewone omstandighede byeengeroep na die afsterwe van president Hage Geingob. “Die beste manier waarop ons ons ontslape leiers kan eer, is nie deur blote woorde nie, maar deur dade, om te verseker dat dit wat hulle opgeoffer het, wat hulle gebou het, waaraan hulle hul lewens toegewy het, nie in ons hande verkrummel nie. Dit is ons plig om hul nalatenskap te handhaaf met dissipline, toewyding, en bowenal met eenheid wat hulle so gekoester het, waardes wat ons deur die bevrydingstryd tot nasiebou gedra het,” het Nandi-Ndaitwah gesê. Foto Facebook/SWAPO Party of Namibia

Kommentaar

Republikein 2025-03-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer